E-Bediening

IN SUID-AFRIKA EN INTERNASIONAAL

Van hulle bedieningsbasis in Somerset-Wes in die Wes-Kaap bedien Christo en Hetta landswyd oor Suid-Afrika en oor die hele wêreld God se mense oral waarheen gelowiges hulle uitnooi om hulle en hulle vriende te kom bedien.

Die afgelope 23 jaar wat drs. Christo en Hetta Nel in die vernuwing God se mense bedien, het die Here oral in Suid-Afrika en selfs internasionaal vir hulle deure oopgemaak en verskillende platforms gegee om Sy mense op te bedien.

So het hulle op ’n gereelde basis reeds in die volgende dorpe en stede in die Wes-, Suid- en Noord-Kaap mense bedien: 

Somerset-Wes, Strand, Stellenbosch, Gordonsbaai, Sir Lowry’s Pas, Grabouw, Kleinmond, Pringlebaai, Bettiesbaai, Hermanus, Stanford,  Gansbaai, Caledon, Bredasdorp, Villiersdorp, Worcester, Ceres, Op-die-Berg, Paarl, Brackenfell, Bellville, Kaapstad en Metropool, Malmesbury, Darling, Yzerfontein, Saldana, Langebaan, Hopefield, Piketberg, Calvinia, Keimoes, Upington, Riebeeck-Kasteel, Gouda, Porterville, Tulbagh, Wolseley, De Doorns, Stuisbaai, Swellendam, Buffelsjag, Roberston, Ashton, Heidelberg, Mosselbaai, Stilbaai, George, Hartenbos, Oudtshoorn, Calitzdorp, De Rust, Knysna, Kareedouw, Humansdorp, Port Elizabeth.

Ander dele van die land waar hulle ook gereeld bedien, is Potchefstroom, Viljoenskroon, Pietermaritzburg, Bloemfontein, Hertzogville, Hoopstad, Jan Kempdorp, Bothaville, Kroonstad, Frankfort, Pretoria.

Internasionaal het die Here vir drs. Christo en Hetta Nel gebruik om in België, Nederland, Frankryk, Oostenryk, Switserland, Duitsland en in Italië te kon bedien.

BEDIENING VIA DIE INTERNET

Behalwe hulle openbare bediening oral in verskillende dele van die Liggaam van Jesus, sy dit in die gestruktureerde denominasies of in huisgemeentes of familie gelowiges, bedien Christo reeds sedert 2000 meer as 4000 gelowiges wêreldwyd op elke kontinent in die wêreld via die internet.

Tussen hierdie gelowiges is daar honderde leiers op die markplein, boerdery-gemeenskap, onderwys en in die politiek, asook meer as 100 gemeenteleiers en sendelinge.

Christo stuur elke week n nuusbrief met Woord aan hierdie gelowiges oor die wêreld uit om hulle toe te rus en met die Woord te bedien. Dit is nou reeds sedert 2000 aan die gang en deur die Here se genade het hy die voorreg om elke week sowat 4000 mense op die wyse te bedien.

As jy dalk hierdie weeklikse nuusbriefie wil ontvang, kliek net die volgende skakel en vul die vormpie in.

 Stuur asb. vir my die Nuusbrief elke week

NOG ’N SLUKKIE NUWE WYN - NUUSBRIEFIE

Blaai na die bladsy,  BLOG, toe om van die nuutste Slukkies Nuwe Wyn uit van die vorige Nuusbriefies te kan lees.

TOERUSTING VIR BEDIENING

As deel van sy bediening op die Net, het dr. Christo reeds geweldig baie materiaal in verskillende vorms geskryf en gepubliseer om God se mense toe te rus vir hulle bediening.

Van hierdie materiaal sal jy ook op die bladsy, BIBLIOTEEK vind en van sy gepubliseerde boeke en video-reekse sal jy op die bladsy, WINKEL vind.

"MY CHANNEL”OP YOUTUBE

Soos ek belowe het, het ek al 2 my DVD-opleidingsreekse, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM, asook JESUS, DIE DOPER MET DIE GEES, op MY CHANNEL op YOUTUBE gepubliseer.

Jy kan nou al twee die videoreekse wat ek vrygestel het om God se mense vir bediening toe te rus, daar gaan kyk.

Hier is die skakel na MY CHANNEL op YOUTUBE waar jy hierdie twee reekse, plus nog ʼn hele aantal ander video’s, kan gaan kyk.

https://www.youtube.com/user/christonel1

Natuurlik sal jy internet-toegang en -data nodig hê om dit te kyk.

Vir diegene wat dit nie het nie, of wat dit dalk wil gebruik in hulle sel- of huisgroep vir toerusting, kan al twee die reekse natuurlik by my bestel word teen die verlaagde pryse waarvoor ek deesdae al my toerustingsmateriaal verkoop – omdat ek nie geld wil maak uit julle uit nie, maar eerder dit net by julle wil uitkry om ook jou en jou geliefdes daarmee te “bless”.

HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM – bestaan uit ʼn reeks van 3 video’s met 9 sessies op, wat R120 vir die hele reeks (plus posgeld ekstra) kos.

JESUS, DIE DOPER MET DIE GEES – bestaan uit ʼn reeks van 4 video’s met 8 sessies op, wat R150 (plus posgeld ekstra) kos.

Jy kan dit via epos by my bestel by nchristo@lantic.net of telefonies via my sel by 082 770 2397

ANDER WEBBLAAIE

Dr. Christo het ook verskeie ander webblaaie op die Net wat hy vir hierdie doel gebruik.

So is daar www.toegerus.co.za waar baie van die toerustingsmateriaal vir gelowiges ook gepubliseer is.

En dan is daar www.ekklesia-netwerk.co.za waar verskeie gemeentes en families gelowiges hande gevat het om Bybels familie van Jesus vir mekaar te wees. Onder hierdie netwerk kan leiers van hierdie gemeentes ook aansoek doen om status as huweliksbevestigers van die staat.

SKYPE en FACETIME

Dr. Christo is ook beskikbaar SKYPE en FACETIME om gelowiges individueel of in groepe te bedien.

Kontak hom gerus vir sy details.

CAREER DIRECT

Dr Christo is verder ’n geregistreerde konsultant en toetser van CAREER DIRECT, die beste toets om te bepaal wat God se plan met jou in die markplek is toe Hy vir jou toegerus het met jou persoonlikheid, vaardighede, belangstellings en waardes. Jy kan hierdie toets direk op die internet doen, op enige plek in die wêreld, in enige taal wat jy verkies, om uiteindelik ’n verslag van 33 bladsye uit te kry. Kontak hom gerus hieroor deur hom te epos by nchristo@lantic.net 

CAREER DIRECT
© Christo Nel 2017