Dag 28 – Die Bloed van Jesus belowe jou dat Pappa-Vader vir jou alles wil gee wat jy nodig het

Die Here versorg ons elke dag Die Here versorg ons elke dag

Ek het 'n Pappa-Vader in die Hemel!

Weet jy, as ons werklik kies om elke dag te glo wat God self, met Sy eie mond, vir ons sê en belowe, sal ons besef dat ons glad nie nodig het om ons te bekommer oor môre en oormôre nie.

Ja, ek weet, met alles wat in hierdie “lockdown”-tyd rondom ons gebeur, is daar baie van ons wat bekommerd oor môre en oormôre!

Daarom het ek en jy nodig om net weer by Jesus se voete te gaan sit met die Bybel op ons skoot om uit Pappa-Vader se eie mond te hoor wat Hy self vir ons hieroor sê.

Kom, neem jou Bybel en lees hardop die volgende twee Bybel-gedeeltes en probeer om in jou eie woorde vir jouself te sê wat jy hoor Pappa-Vader self hier vir jou sê en belowe.

Mat. 6:25 tot 34.

En dan ook Lukas 11:5 tot 13.

Wat dink jy beteken dit wat die Here vir jou in hierdie twee gedeeltes gesê het vandag prakties vir jou besigheid of vir die einde van hierdie maand?

Miskien het jy vandag weer nodig om jou oë toe te maak en weer, soos gister, in te hardloop by die troonkamer van Pappa-Vader en op Sy skoot te gaan sit met Sy arms om jou.

Kies vandag weer om te glo dat Hy jou jou geliefdes se Totale Versorger gister, vandag, môre en tot in ewigheid is.

Kies om net weer vir Hom dankie te sê vir Sy merkwaardige versorging elke dag tot hier en sê vir Hom hardop: Pappa-Vader, U genade is altyd vir my genoeg!

Praat dan verder met Hom daaroor in gebed.