Dag 37 en 38 - 'n Woord van Bemoediging

bemoediging bemoediging

Dag 37 – Gaan maak die mense My dissipels!

Kom ons gesels verder oor wat dit prakties beteken om ʼn getuie van Jesus te wees elke dag.

Vandag neem ek jou na ʼn gedeelte in die Bybel wat ons altyd beskryf as ons Groot Opdrag, ja, daar in Mat. 28:18 tot 20.

Kom ons neem ons Bybel en lees hierdie verse hardop.

Vandag sal dit ook baie beteken as jy een of twee ander vertalings van die Bybel sal neem en hierdie verse ook daarin sal lees om nog beter te hoor en te probeer verstaan presies wat die Here hier vir ons wil sê.

Kyk of jy dit nou in jou eie woorde oor kan sê presies wat jy hoor staan hier.

Wat sê die Here vandag vir jou deur dit wat Hy hier sê?

Blaai nou na Hand. 2, en dan sien jy hoe Petrus, daar van vers 14 af, onder die leiding van die Heilige Gees wat nou in hom gewoon het, gehoorsaam presies doen wat Jesus vir ons hier in Mat. 28:18 tot 20 sê om te doen.

Lees hardop dit wat daar in verse 38 tot 42 staan.

Wat hoor jy in hierdie verse sê die Here vir jou oor wat dit prakties beteken om Jesus se getuie te wees en om mense “dissipels” van Jesus te maak?

Praat hieroor met die Here in gebed.

Dag 38 - 'n Boodskap van troos en bemoediging

Ek het vir jou en ander gelowiges 'n kort video-boodskap opgeneem op 1 Mei 2020 wat ek glo vir jou tot troos kan wees.

Luister en kyk daarna.

Ek glo die Here wil vandag so met jou praat.

Hier is die skakel na die video op YOUTUBE:

'n Video-boodskap op YOUTUBE van Dr Christo Nel - 1 Mei 2020

Gebruik jou tyd in gebed om Hom te antwoord op wat Hy vir jou vandag ook op die manier gesê het.