Hier is 'n spesiale boodskap van bemoediging op 15 Mei 2020

This is war This is war
 

Hier is iets spesiaal net vir jou!

Ek weet nie hoekom nie, maar ek het beleef ek moet jou bedien hierdie naweek.

Vanoggend vroeg het die Here my hierdie prentjie gewys en gesê ek moet 'n woord van bemoediging uit Joël 2 en 3 op video sit, want iemand het dit baie nodig!

Wel, ek het dit gedoen, maar toe breek die hel los!

Ek het al tientalle videos gemaak in die verlede met sekere sagteware op my Imac, maar vandag het daardie program net geweier om daardie video oor te sit in 'n vorm waarmee ek dit op YOUTUBE kon sit. Al die byskrifte en aangehaalde Bybelgedeeltes wat ek terwille van jou wou bysit, moes uiteindelik snippermandjie toe gaan.

Na 8 ure moes ek tevrede wees net met die video wat ek aanvanklik op my Iphone opgeneem het.

Hier is dit.

'n Woord van bemoediging - Deur Christo Nel

Mag die Here dit self deur Sy Gees seën!