Print this page

Dr Christo Nel en NUWEWYN se digitale platforms en winkels

Vineyards Vineyards

 

Vandat die Here God met my en Hetta hierdie nuwe pad sedert 1993 begin stap het, het Hy ons gelei om op verskillende plekke bedieningsplatforms te skep, maar ook “winkels” te skep wat geen “lock-down” of grendeltyd kan verhoed om God se mense te bedien met wat hulle nodig het.

Die afgelope twee maande moes ons maar letterlik van platform na platform en van winkel tot winkel stap om te sorg dat ALLES gereed is vir die NUWE SEISOEN.

Hier is al die platforms en adresse waar jy ons kan kry, maar ook waar jy stapels en stapels toerustingsmateriaal kan vind om jou as Mens van God toe te rus vir jou bediening waar ook al Koning Jesus jou wil gebruik as Ambassadeur van die Koninkryk van die Hemel hier op Aarde:

NUWEWYN-webblad – Dit is ons groot Afrikaanse webblad waar jy alles kan lees oor die pad wat die Here met ons gestap het, waar jy my nuusbriefies elke week ook kan lees, en waar jy ʼn volledige digitale winkel kan kry waar al my boeke, al my DVD’s en ander toerustingsmateriaal gestapel lê.

NEW WINE- Engelse webblad – Omdat daar ook so ʼn behoefte was, het ek ook ʼn Engelse bedieningsplatform ontwikkel met stapels en stapels Engelse toerustingsmateriaal.

JOURNEY OF DISCOVERY se webblad – Hier kry jy ons evangelisasie-webblad waar ons jou toerus om met ongelowiges ʼn pad te stap, maar ook ongelowiges geleentheid gee om te ontdek dat die God van die Bybel self met hulle praat!

Maar dan is ek ook op FACEBOOK:

In persoon as Christo A Nel (want daar is nie minder as 6 Christo Nels net in bediening nie!): Christo in persoon op FACEBOOK

En op ʼn NUWEWYN-bedieningsblad: NUWE WYN op Facebook

Asook as CAREER DIRECT-toetser - Dr Christo as CAREER DIRECT toetser op FACEBOOK

Ek is ook teenwoordig op die LINKEDIN-platform as Dr Christo op LINKEDIN

Ek is ook op WHATSAPP. Maak met my kontak via my selnommer: 082 770 2397.

NB: Ek het ook die NUWEWYN-nuusbriefies op Whatsapp begin stuur!

As jy dit ook so via WHATSAPP wil ontvang, kontak my via WHATSAPP op my selnommer en vra dat ek jou op die NUWEWYN-WHATSAPP-groep sal sit.

Dan is ek ook op die ONSDORP-webblad teenwoordig waar jy weekliks my nuusbriefies ook kan vind by My weeklikse Nuusbriefies op ONS DORP

Related items