
Nuusbrief (154)
Dag 33 – Die Bloed van Jesus is ook ʼn streep in die sand wat vertel van God se oordeel
Ja, ek weet dit is nie “soeker-vriendelike taal” om oor God se oordeel en die hel te praat as ons besig is om oor die Evangelie van Jesus as “goeie nuus” te praat nie. Maar miskien moet ons ophou om ons “slimmer” te hou as wat ons Here en Koning ons aanvanklik geleer het. Ek lees juis weer vanoggend daar in Lukas 10, toe Hy die 70 uitgestuur het, hoe Hy vir hulle sê dat as hulle ʼn tyd in ʼn dorp of stad deurgebring het en die mense daar met die goeie nuus bedien het, en tog, nieteenstaande, mense daar die boodskap nie sou glo of aanvaar nie, hulle die stof van hulle voete moes afskud en wegstap, want God se oordeel oor daardie stad bly dan alleen agter as ʼn verskriklike werklikheid! Dit kan ook nie anders nie! Vir God om sondaars genadig te wees, het gekos dat die Seun van God Homself moes verneder en ʼn mens word! Het gekos dat Hy as ʼn misdadiger gereken word, moes ly en sterwe, drie dae in die graf moes deurbring, voordat Hy deur die Vader opgewek is en nou die Verlosser en Here kon wees! Nou kon Hy Sy Bloed en alles wat Hy daardeur vir die mens gedoen het, na die mens toe uithou uit genade, omdat Hy hulle so liefhet! Maar slegs hulle wat met die leë hande van geloof hierdie geskenk van genade aanvaar, aanneem, se lewens word daardeur verander en word gered. Die res bly onder God se oordeel as gevolg van hulle sonde en omdat hulle nie dit wat Jesus gedoen het in geloof wou aanvaar nie. Kom, ons lees vandag hoe die Lewende God dit self vir ons in die mees gememoriseerde gedeelte in die Bybel vir ons sê. Ja, jy is reg! Kom ons lees vandag Johannes 3:16 tot 21 hardop. (En as jy dalk nog ʼn vertaling of twee byderhand het, lees dit ook daarin.) Probeer om alles wat hier staan in jou eie woorde oor te sê. Moenie vergeet om ook hardop vir jouself te sê: Al het Jesus Christus Sy lewe en bloed gegee vir sondaar-mense om nie verlore te gaan nie, gaan mense steeds hel toe en verlore omdat hulle nie dit wat Jesus gedoen het namens en vir hulle, wou aanvaar in geloof nie! Wat ʼn verskriklike en tragiese werklikheid! Gebruik jou tyd in gebed om met die Here hieroor te praat en om sommer te bid vir daardie mense in jou familie en vriendekring wat nog nie gered is nie. |
Dag 32 – Die Bloed van Jesus is soos om die regte klere aan te trek by die deur
Ons het die afgelope tyd uit die Here se eie mond soveel wonderlike beloftes gehoor oor wat alles in die stoorkamer van die Hemel gereed staan vir elkeen wat glo dat die bloed van Jesus ook vir jou gevloei het. Die bekendste verse in die Bybel, daar in Johannes 3:16 tot 18, sê presies dit. Neem jou Bybel en lees daardie verse hardop. Probeer dan om presies wat daar staan, in jou eie woorde oor te sê. Ek hoop jy het “raak gehoor” dat hierdie beloftes net geld “vir dié wat dit glo”! Met ander woorde, al het Jesus gely en is Hy gekruisig... Al het Sy bloed gevloei en het Hy Sy lewe gegee en gesterf vir sondaars... Al het Hy drie dae in die graf deurgebring en opgestaan uit die dood... Dit geld net vir diegene wat dit glo! Net vir diegene wat glo word dit ʼn sleutel wat die stoorkamers van die hemel oopsluit! Dit is wat jy gaan hoor uit die Here se mond vandag as jy die volgende gedeelte hardop lees. Lees dit en probeer dit dan in jou eie woorde oorsê. Die gedeelte is Matteus 22:1 tot 14.Dink aan die uitnodiging na die bruilof toe, soos wanneer die wonderlike Evangelieboodskap oor wat Jesus vir ons kom doen het (en wat Sy Bloed wat gevloei het alles beteken). ʼn Klomp mense hoor dit, maar steur hulle nie daaraan nie. ʼn Klomp ander, goeies en slegtes, hoor op die een of ander manier dit en gaan na die feesmaal toe. Maar slegs dié wat hulle ou klere by die deur uitgetrek het, en die bruilofskleed aangetrek het, word uiteindelik toegelaat (“uitverkies”) om te bly en “gered”. Met ander woorde, al het die bloed van Jesus vir die sonde van die mensdom gevloei en het Hy die volle straf daarvoor gedra, slegs diegene wat dit glo word gered. Slegs diegene wat “tot bekering kom, hulle laat doop in water en gedoop word met die Gees” is dié wat “gered word”! Want hulle het die bruilofskleed aangetrek. Slegs diegene wat in geloof God gevra het om hulle ou lewe te vergewe en te bedek met die bloed van Jesus, en wat daarvan weggedraai het, en die kleed van Jesus aangetrek het, slegs hulle is welkom by die bruilofsfees van die Lam. Slegs hulle is “uitverkies”. Ek teken altyd hierdie prentjie vir mense wat vir my uitvra oor wat dit beteken om “uitverkies te wees”. Dan sê ek vir hulle: Om die Evangelie of goeie nuus oor Jesus aan mense te vertel en om hulle dan uit te nooi om “te glo” dat Hy dit ook vir jou gedoen het, is soos om dan deur ʼn deur te stap van waar jy eers dood was, en nou lewe jy. As jy dan terugkyk, nadat jy deur die deur gestap het, sien jy daar staan bokant die deur staan: "Jy is uitverkies!” Praat hieroor met die Here in gebed. |
Dag 32 – Die Bloed van Jesus is soos om die regte klere aan te trek by die deur
Ons het die afgelope tyd uit die Here se eie mond soveel wonderlike beloftes gehoor oor wat alles in die stoorkamer van die Hemel gereed staan vir elkeen wat glo dat die bloed van Jesus ook vir jou gevloei het. Die bekendste verse in die Bybel, daar in Johannes 3:16 tot 18, sê presies dit. Neem jou Bybel en lees daardie verse hardop. Probeer dan om presies wat daar staan, in jou eie woorde oor te sê. Ek hoop jy het “raak gehoor” dat hierdie beloftes net geld “vir dié wat dit glo”! Met ander woorde, al het Jesus gely en is Hy gekruisig... Al het Sy bloed gevloei en het Hy Sy lewe gegee en gesterf vir sondaars... Al het Hy drie dae in die graf deurgebring en opgestaan uit die dood... Dit geld net vir diegene wat dit glo! Net vir diegene wat glo word dit ʼn sleutel wat die stoorkamers van die hemel oopsluit! Dit is wat jy gaan hoor uit die Here se mond vandag as jy die volgende gedeelte hardop lees. Lees dit en probeer dit dan in jou eie woorde oorsê. Die gedeelte is Matteus 22:1 tot 14.Dink aan die uitnodiging na die bruilof toe, soos wanneer die wonderlike Evangelieboodskap oor wat Jesus vir ons kom doen het (en wat Sy Bloed wat gevloei het alles beteken). ʼn Klomp mense hoor dit, maar steur hulle nie daaraan nie. ʼn Klomp ander, goeies en slegtes, hoor op die een of ander manier dit en gaan na die feesmaal toe. Maar slegs dié wat hulle ou klere by die deur uitgetrek het, en die bruilofskleed aangetrek het, word uiteindelik toegelaat (“uitverkies”) om te bly en “gered”. Met ander woorde, al het die bloed van Jesus vir die sonde van die mensdom gevloei en het Hy die volle straf daarvoor gedra, slegs diegene wat dit glo word gered. Slegs diegene wat “tot bekering kom, hulle laat doop in water en gedoop word met die Gees” is dié wat “gered word”! Want hulle het die bruilofskleed aangetrek. Slegs diegene wat in geloof God gevra het om hulle ou lewe te vergewe en te bedek met die bloed van Jesus, en wat daarvan weggedraai het, en die kleed van Jesus aangetrek het, slegs hulle is welkom by die bruilofsfees van die Lam. Slegs hulle is “uitverkies”. Ek teken altyd hierdie prentjie vir mense wat vir my uitvra oor wat dit beteken om “uitverkies te wees”. Dan sê ek vir hulle: Om die Evangelie of goeie nuus oor Jesus aan mense te vertel en om hulle dan uit te nooi om “te glo” dat Hy dit ook vir jou gedoen het, is soos om dan deur ʼn deur te stap van waar jy eers dood was, en nou lewe jy. As jy dan terugkyk, nadat jy deur die deur gestap het, sien jy daar staan bokant die deur staan: "Jy is uitverkies!” Praat hieroor met die Here in gebed. |
Dag 30 en 31 - Dit het Hy vir ons gedoen deur Sy Bloed
Dag 30 – Die Heilige Gees kom en leer ons wat die Bloed van Jesus werklik vir ons betekenDie belangrikste manier hoe die Heilige Gees met ons praat, is deur die Bybel. Die Bybel is immers die “Woord van God”! En die Heilige Gees is God self. Daarom, as God self, as die Heilige Gees, met ons wil praat, gaan Hy veral deur die Bybel met ons praat. Dit is logies, nè?! Nou ja, kom ons vat weer vandag die Bybel en lees hardop die volgende Bybelgedeelte om te hoor wat die Here vandag vir ons wil sê. Kolossense 2:13 tot 15.In hierdie verse “openbaar” (= wys vir ons iets wat ons nie self sou kon uitdink nie en wat werklik in God se hart en gedagtes was met dit wat gebeur het) die Heilige Gees aan ons wat die hart en gedagtes van ons Hemelse Pappa-Vader was hiermee. Hy kom letterlik en trek die gordyn oop sodat ons kan sien waarom dit nodig was vir hierdie dinge om te gebeur en wat Pappa-Vader se plan daarmee was. Vandag help die Heilige Gees ons om te verstaan dat dit wat aan die kruis gebeur het, toe die Bloed van Jesus vir ons sonde gevloei het en Jesus namens en vir ons die straf ten volle betaal het vir ons sonde, soveel wonderlike ander dinge ook gebeur het! Kom ek teken dit vir jou soos ʼn hofsaak wat aan die gang is. Ek en jy is die kriminele wat aangekla word. Regoor ons staan die vyand, satan self, en in sy hande het hy hierdie lang rol beskuldigings oor sonde en sondige keuses wat ons in ons lewe tot hier gemaak het. En alles daarvan is waar! Daarom is die uitslag van hierdie verhoor eenvoudig en voorspelbaar: Dit is waar: ons is skuldig en verdien die dood! Daarom hoor ons ook hoe die vyand vir die Here God wat as Regter daar sit, sê: Maar U kan nie hulle gebede verhoor nie en kan ook nie aan hulle al daardie wonderlike dinge wat in Sy hart vir Sy kinders is, skenk nie! Ons hoor hoe hy vir die Regter sê: U is immers nie net Liefdevolle Vader nie. U is ook ʼn Regverdige, Heilige Regter, wat sonde nie voor U oë kan verdra nie. Daarom moet U hulloe sonde straf met die dood! Daarom kom die Heilige Gees as ons Helper en Advokaat en herinner ons (en die Vader) aan dit wat Jesus daar aan die kruis, deur Sy Bloed, Sy dood en dit wat Hy daar in die doderyk vir ons gedoen het. Dan sien ons hoe “deur die oë van die Heilige Gees” hoe Jesus daardie dik rol beskuldigings uit die hande van die vyand neem en oor elke bladsy van daardie beskuldigings kom skryf Jesus as’t ware in Sy bloed: Reeds betaal! Reeds vergewe! En net omdat ons gekies het om te glo dat Jesus ook Sy lewe en bloed vir ons gegee het. Dan draai Jesus na die vyand, Satan, toe en herinner hom dat hy daar by die kruis deur Jesus volledig verslaan is. Hy is nie meer heerser en koning oor ons nie. Ons behoort nie meer aan hom nie en ons is ook nie meer sy slawe nie. Ons behoort nou aan ʼn Nuwe Koning, Jesus Christus! Alles, alles, alles, wat ons is en het, behoort aan Hom as ons Here en Koning! Dag 31 – Die brood en die beker herinner ons aan alles wat Jesus deur Sy Bloed vir ons gedoen hetVandag wil ek hê jy moet saam met my, daar waar jy alleen of dalk saam met geliefdes is, saam die brood en die beker gebruik (dit wat ons gewoonlik “nagmaal” noem). (Ja, jy kan dit ook gebruik wanneer jy by die huis is, of alleen, of saam met jou geliefdes is! Jy het nie ʼn dominee of ʼn pastoor nodig om dit aan jou te bedien nie!) Jesus het eintlik gesê ons moet dit so dikwels moontlik gebruik. Besluit wat jy wil gebruik as “brood” en as “beker”. En sit dit sommer daar by jou/julle neer om nou-nou te gebruik. Vat dan die Bybel en lees 1 Kor. 11:23 tot 26 hardop.(Jy kan die gedeelte selfs ook in nog ʼn ander Bybelvertaling lees.) Wat hoor jy sê die Here alles vir jou deur dit wat in hierdie verse geskryf staan? Jy het mos nou die afgelope tyd baie dinge uit die mond van die Here gehoor oor wat die Bloed van Jesus, wat vir jou gevloei het, beteken. Gebruik dit alles om so volledig moontlik vir jouself, in jou eie woorde, te sê aan wat herinner die Here jou, deur die Heilige Gees en deur Sy Woord wanneer jy die brood en die beker gebruik. Gebruik dan die brood en beker (en bedien ook ander daar by jou, as jy nie alleen is nie). Praat daarna met die Here. |
Dag 29 – Die Heilige Gees is ons Helper en ons Onderwyser
Heilige Gees, sê my wat ek hier moet doen!Ek wil jou herinner aan iets wat die Here vir ons die afgelope tyd oor en oor gesê het, naamlik dat God self in ons kom woon het. Dit is seker een van die belangrikste of selfs dié belangrikste geskenk wat iemand van God kry omdat hy of sy glo dat Jesus aan die kruis Sy Bloed gegee het ook vir jou. Daarom kom die Here in ʼn Bybel-gedeelte soos Gal. 5:16 tot 25 en sê ons moet nou die Heilige Gees toelaat om ons hele lewe te beheer. Lees dit ʼn bietjie hardop en kyk of jy dit in jou eie woorde kan oorsê. Besef jy dat om toe te laat dat die Heilige Gees “jou lewe beheer” prakties beteken dat jy na Hom sal luister as Hy praat en dan sal gaan doen wat Hy sê. Ja, dat jy gereeld vir Hom sal sê: Heilige Gees, help my asseblief en sê vir my wat ek hier moet doen! En dat jy dan sal hoor hoe Hy met jou praat en jou sal lei! Hoe meer jy op die manier met Hom gaan praat en na Sy stem gaan luister, hoe meer gaan jy ontdek dit wat Jesus oor Hom gesê het, naamlik dat Hy werklik jou “Helper”, “Onderwyser” en “Vriend” wil wees. Neem jou nou Bybel en lees hardop wat daar in 1 Kor. 2:9 tot 12 oor Hom staan. Jy kan selfs hierdie gedeelte ook weer in ʼn vertaling soos die Amplified Bible of The Voice lees. Probeer om dan dit wat die Here hier vir jou sê in jou eie woorde oor te sê. Praat met die Here hieroor. |
Dag 28 – Die Bloed van Jesus belowe jou dat Pappa-Vader vir jou alles wil gee wat jy nodig het
Ek het 'n Pappa-Vader in die Hemel!Weet jy, as ons werklik kies om elke dag te glo wat God self, met Sy eie mond, vir ons sê en belowe, sal ons besef dat ons glad nie nodig het om ons te bekommer oor môre en oormôre nie. Ja, ek weet, met alles wat in hierdie “lockdown”-tyd rondom ons gebeur, is daar baie van ons wat bekommerd oor môre en oormôre! Daarom het ek en jy nodig om net weer by Jesus se voete te gaan sit met die Bybel op ons skoot om uit Pappa-Vader se eie mond te hoor wat Hy self vir ons hieroor sê. Kom, neem jou Bybel en lees hardop die volgende twee Bybel-gedeeltes en probeer om in jou eie woorde vir jouself te sê wat jy hoor Pappa-Vader self hier vir jou sê en belowe. Mat. 6:25 tot 34. En dan ook Lukas 11:5 tot 13. Wat dink jy beteken dit wat die Here vir jou in hierdie twee gedeeltes gesê het vandag prakties vir jou besigheid of vir die einde van hierdie maand? Miskien het jy vandag weer nodig om jou oë toe te maak en weer, soos gister, in te hardloop by die troonkamer van Pappa-Vader en op Sy skoot te gaan sit met Sy arms om jou. Kies vandag weer om te glo dat Hy jou jou geliefdes se Totale Versorger gister, vandag, môre en tot in ewigheid is. Kies om net weer vir Hom dankie te sê vir Sy merkwaardige versorging elke dag tot hier en sê vir Hom hardop: Pappa-Vader, U genade is altyd vir my genoeg! Praat dan verder met Hom daaroor in gebed. |
Dag 26 – Deur die Bloed van Jesus het jy nou tempel geword van God die Gees
Die Gees van God woon in my lyf!Ja, jy is en bly ʼn gewone mens na jou bekering, met ʼn gewone fisies-chemiese liggaam en met die tipiese menslike behoeftes en begeertes. Tog het daar ook wat dit betref, iets merkwaardig gebeur daar waar ons nie werklik dit kan sien en selfs kan meet nie. Om vir ons iets hiervan te laat begryp, kom God in Sy Woord, in ʼn gedeelte soos 1 Kor. 6:12 tot 20, en verduidelik dit vir ons in ʼn taal wat ons almal kan verstaan. Neem jou Bybel (daardie een of twee vertalings wat jy lees), en lees hierdie gedeelte hardop vir jouself. Probeer dan om in jou gewone alledaagse taal, sonder om te “godsdienstig” te wees, te sê wat jy hoor die Here vir jou hier sê oor hoe jy moet reageer as jou liggaam honger is en kos wil hê, of as daar ʼn behoefte is om jou fisiese seksuele drange te bevredig. Lees ook dit wat daar in Rom. 8:9 staan en probeer dan hierdie gedeelte in die lig daarvan in jou eie woorde oorsê. Ja, ek weet dat sommige half skrikkerig en ongemaklik is as jy skielik gevra word om hier rondom die Bybel, in God se teenwoordigheid, oor dinge soos kos en seks en jou liggaam en sy drange te moet praat. Maar deur die Bloed van Jesus, in die lig van dit wat Hy vir jou gedoen het aan die kruis, is daar nie meer ʼn onderskeid tussen die gewoon-menslike en dit wat ons gewoonlik “geestelike” of “meer heilige dinge” noem nie. Dit wat Jesus Christus vir ons gedoen het, wat ons met die term “die Bloed van Jesus” saamvat, het dit alles verander. Het hierdie soort onderskeid en “verdeling” vir eens en altyd verander! Nou is dit soos 1 Kor. 10:31 sê: “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.” Praat ʼn bietjie hieroor met die Vader in jou gebed-gesprek met Hom. |
Dag 25 – Deur die Bloed van Jesus het God self by en in ons kom woon deur Sy Gees
Jesus is ook die "Doper met die Gees"Behalwe vir my radikale bekering en wedergeboorte in my Graad 10-jaar, was die “ontdekking” dat my Koning en Verlosser, Jesus Christus, ook die Doper met die Gees genoem word, lewens veranderend! Vir meer as 3 maande, daar in 1992, dag na dag, het ek elke teksvers in die Bybel wat direk verwys of praat oor die Heilige Gees, 327 verse om presies te wees, gaan lees en oordink om presies te hoor wat sê die Lewende God self vir my daardeur. Want, het Hy vir my belowe, “Ek gaan Myself op ʼn nuwe manier aan jou openbaar!” Kan ek vir jou so ʼn paar van hierdie teksgedeeltes vandag gee om hardop te lees om te hoor wat die Here vir jou sê? Ek het dit goed gedink om ook met jou elke keer iets te deel wat ek gehoor het toe ek dit gelees het. Hier is die gedeeltes: Handelinge 2: 14-24, 32-40 – Onthou, dit is Pinksterdag, 31 Mei 32 n.C., en die dag waarvan Jesus daar in Johannes 14 en Johannes 16 gepraat het, wat Hy en die Vader op ʼn nuwe manier, anders as ooit van te vore, self by en in God se mense gaan kom woon. Ja, wanneer Jesus, na Sy kruisiging, dood en opstanding, as “die Doper met die Gees” (soos Johannes die Doper oor Hom gepraat het daar in Joh. 1:32-34) self Sy mense wat in Hom glo, “met Sy Gees gaan doop”. Hand. 1:4-8 – Om “gedoop te word met die Gees” beteken twee dinge: Dat God self, deur Sy Heilige Gees, dieselfde Gees wat in die Vader en die Seun woon, nou self IN elkeen van Sy mense se lywe kom woon. Maar ook dat hierdie selfde Gees ook OP elkeen van God se mense wil kom wees, om so hierdie mense bonatuurlik, met bonatuurlike krag en bonatuurlike vermoëns, toe te rus sodat God hulle kan gebruik om ... deur die verskillende gawes van die Gees (waarvan ons in gedeeltes soos Rom.12:6-8 en 1 Kor. 12:4-11 lees) self mense te bedien en bewus te maak dat God self daar is en self met hulle praat en dinge tussen hulle doen. Johannes 14:16-21 en verse 23-28 – Hier vertel Jesus, voor Sy kruisiging en opstanding, dat nadat Hy Sy Bloed vir elkeen van hulle gestort het, die Heilige Gees gaan kom om in elkeen van God se kinders te kom woon. Dink ʼn bietjie na hieroor en hoor self wat die Here vir jou verder wil sê. Praat dan met Hom verder in gebed. |
Dag 23 en 24 – Die Bloed van Jesus het alles bewerk om ʼn nuwe skepping, die Koninkryk van die Hemel wat aarde toe kom, te laat gebeur
Markus 1:15, 2 Kor 5 en Gen.2Ek wil hê ons moet die Here vertrou om deur Sy Gees veral drie Skrifgedeeltes (ja, moenie skrik nie, want een daarvan gaan veral letterlik net ʼn teksvers wees) vir ons oop te breek, in die lig van alles wat Hy reeds vir ons gesê het tot hier. Jy kan dit natuurlik oor twee dae doen, of net oor een dag. Dit is jou keuse. As jy nie alleen daar in jou woonplek is nie en daar ook ander saam met jou is, is dit ook ʼn ideale geleentheid om tyd te maak om “twee of drie saam” in die teenwoordigheid van Jesus te wees, waar julle saam dit wat ek hier op jou tafel neersit, kan oordink en oor gesels. Kom ek sit vir jou in ʼn sin of twee dit wat ek hierdie afgelope paar dae ontdek het terwyl ek nagedink het oor wat Jesus vir ons gedoen het deur Sy lewe, Sy lyding, Sy kruisiging, Sy dood, die drie dae in die graf en Sy opstanding (wat ons sommer alles kortweg saamgevat het met die term “die Bloed van Jesus”). Ek het gedink aan die volgende: • Die hart van Jesus se lering en prediking kan ons saamvat in die woorde van ons eerste gedeelte wat jy asseblief hardop moet lees en dan in jou eie woorde moet probeer oorsê, naamlik Markus 1:15. (Onthou dat die uitdrukking “koninkryk van God” in ander gedeeltes, soos in die Ons Vader-gebed, word ook “die koninkryk van die Hemel” genoem.) • Daar in 2 Kor. 5:17 tot 6:2 word dit ʼn “nuwe skepping” genoem wat Jesus Christus deur Sy Bloed hier op aarde tot stand gebring het, waarvan ek en jy nou Ambassadeurs van geword het na ons weergeboorte (in Joh. 3:14 tot 17 se sin). • Dit het my dadelik laat terugdink aan die eerste skepping, daar in die begin, en God se plan met dit alles. Voordat die mens deur hulle ongehoorsaamheid (sonde) letterlik God onttroon het (as Koning en Here) en Satan en sy magte gekies het as hulle nuwe heerser op aarde. Deur te kies om hom te gehoorsaam en te vertrou, het hulle die sluise oopgetrek vir sonde, die dood en die hel om stelselmatig alles hier te kom vernietig en te laat sterf. • Kom ons blaai na Genesis 2 en lees dan verse 4 tot 9, en verse 15 tot 25 (teen die agtergrond van Gen. 1:26 tot 31). Probeer om jou voor te stel wat God in gedagte het met hierdie “nuwe skepping” of “nuwe, herstelde Koninkryk van Hemel” hier op aarde. In ʼn sin het die Bloed van Jesus letterlik soos ʼn skakelaar dit alles “aan die gang gesit”. • Wat hoor jy sê God vir jou oor wat jou rol en boodskap as “ambassadeur” van hierdie nuwe Koninkryk is? Kom, wees ʼn bietjie kreatief! Luister en wees sensitief vir die stem van die Heilige Gees en laat Hy jou ʼn bietjie “nuut laat dink” hieroor. Gesels dan daarna met die Here hieroor in gebed. |
Dag 22 – Die Bloed van Jesus bedek my sonde en reinig my van alle ongeregtigheid
Romeine 3:23 tot 26Hoekom moes Jesus die Christus, sondelose Seun van God, Homself verneder om gewoon mens te word om Sy Bloed, Sy lewe, vir sondige, totaal verlore mense te gee? Natuurlik was dit omdat God hierdie mensdom so liefhet en nie wil hê dat hulle verlore en hel toe sal gaan nie. Die bekende Johannes 3:16 spel dit immers vir ons uit. Maar wat ons nie genoeg beklemtoon nie, is dat hulle sondige en daarom totaal verlore mense is en was. Hulle was juis totaal verlore en op pad hel toe, na die ewige verderf toe (wat satan en sy demoniese magte se eindbestemming is) as gevolg van hulle sonde en sondigheid! Om dit te verstaan moet ek en jy verstaan hoe erg God sonde haat! Ja, ek weet ons praat heeltyd daaroor dat die God van die Bybel ʼn liefdevolle en goeie God is! Maar in die Bybel openbaar hierdie selfde God Homself as ʼn God wat sonde in al sy vorms haat soos gif! Daarom staan daar in Ps. 5: “U haat al die werkers van ongeregtigheid.” Hy, as ʼn Heilige God, kan sonde nie voor Sy oë verdra nie. Telkemale in die Skrif het Hy gesê dat die straf vir sonde (al is dit net een sonde) is altyd die dood. Kom, lees vandag saam met my hardop dit wat daar in Rom. 6:23 staan. Probeer om dit in jou eie woorde oor te sê. As ek dit moet probeer oorsê, sou ek dit dalk so probeer oorsê: Daar is net een straf waarmee God tevrede is as iemand gesondig het, en dit is dat daardie mens, of iets of iemand in sy plek, sterwe en vir altyd hel toe sal gaan. As jy dit verstaan, sal jy verstaan waarom God daar in die begin, net na die Skepping, toe die eerste mense, Adam en Eva, gesondig het, ʼn onskuldige dier moes doodmaak om hulle sonde te bedek. Hierdie onskuldige dier het sy lewe (sy bloed) gegee in die plek van die mens wat gesondig het. Nou kan ons hardop 'n tweede Skrifgedeelte saam lees wat die Here hieroor vir ons sê. Lees Rom. 3:23 tot 26 hardop en probeer om dit in jou eie woorde oor te sê. Daarom kan die Heilige God ʼn mens wat glo dat Jesus Sy Bloed aan die kruis ook vir jou en jou sondes kom gee het, wat bid dat die Here tog hulle sondes sal vergewe, hulle vergewe en volkome vryspreek van enige straf wat daar regtens op hulle gerus het. Elkeen wat glo dat dit is waarom Jesus Christus (as die Lam) gekom het, gee God uit genade die geskenk van ʼn ewige lewe. Jy sterf dus inderwaarheid nooit nie, en lewe vir ewig. Maar dit is ook op grond van die bloed-offer van Jesus aan die kruis, waarom hierdie Heilige God jou as Sy kind elke keer kan vergewe en kan skoon was as jy bewus raak van sonde in jou lewe en kom en in gebed kom bid vir vergifnis. 1 Joh. 1:9 sê immers: “Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” Onthou egter, om jou te kan vergewe, het hierdie Heilige God ʼn baie duur prys gekos, naamlik Sy Seun wat Sy lewe, Sy Bloed, moes gee! Praat hieroor met die Here. |
More...
Dag 21 – Die Bloed van Jesus het my verlos uit die houvas van Satan. Ek is nie meer ʼn slaaf van sonde nie
Handelinge 26:14-23Ons is besig om die Here self toe te laat om deur Sy Woord, die Bybel, vir ons te wys wat presies gebeur het toe ons in geloof vasgegryp het dat Jesus Christus werklik die Lam van God was wat Sy Bloed vir ons gegee het. Daardie oomblik wat ons dit in geloof vasgegryp het, het merkwaardige dinge in ons begin gebeur. Kom blaai saam met my na dit wat daar in Handelinge 26 staan waar Paulus besig is om teenoor Koning Agrippa te getuig oor sy eie bekering en wat daar gebeur het. Kom ons lees hardop van vers 14 tot vers 23. Probeer om dit in jou eie woorde oor te sê wat die Here hier vir jou vertel. Kyk of jy in die verse kan raaksien wat in jou eie lewe gebeur het toe jy die eerste keer die goeie nuus in geloof vasgegryp het oor wat Jesus aan die kruis en deur Sy Bloed vir jou gedoen het. Hier is wat ek raakgesien het in my eie woorde: • Die een oomblik was dit nog pikdonker in jou lewe en was jy totaal blind vir God en dit wat Hy doen. Die volgende oomblik kon jy sien en was dit lig! • Die een oomblik was jy totaal vasgevang en ʼn slaaf van Satan en kon jy niks anders doen as om te sondig nie. Jy was deur en deur sondaar en niks goed kon uit jou uit kom nie. Selfs jou beste dade en beste bedoelings was deurspek van sondigheid en kon nie God behaag nie. • Maar die volgende oomblik het dit wat Jesus vir jou gedoen het deur Sy lyding, sterwe en opstanding, omdat jy in geloof gekies het om te glo dat Hy dit ook vir jou gedoen het, ʼn sleutel geword wat hierdie boeie en hierdie tronk oopgesluit het. • Jy was in een oomblik ʼn nuwe mens, wat letterlik uit die dood opgestaan het. • Van ʼn totaal verlore sondaar, tot niks goeds in staat nie, het jy verander in ʼn nuwe skepsel, ʼn nuwe Adam, nie meer sondaar nie, maar nou mens van God, geskape na God se beeld, in staat om te doen wat God oorspronklik bedoel het as jou opdrag as mens. • Daarom sal mense om jou duidelik die verandering in jou lewe en optrede sien uit “dade wat by die bekering pas”. Gebruik jou gesprek met die Here in gebed om Hom dankie te sê hieroor en om Hom te antwoord op wat jy gehoor het. |
Dag 20 - Jesus sê dit is soos ʼn nuwe geboorte
Handelinge 2:37-41Die oomblik wat ek en jy in geloof kies om te glo dat Jesus se bloed vir ons gevloei het aan die kruis, gebeur daar iets merkwaardig in ons. Onthou jy wat Jesus vir ons daar in Johannes 3:3,14-16 gesê het? Blaai net weer soontoe en lees dit hardop vir jouself. Probeer om dit wat jy hoor in jou eie woorde oor te sê. Wat ek hoor is die volgende: Dat wanneer iemand “opkyk” in geloof na die Een (Jesus) wat “aan die paal gehang het” (die kruis) en kies om te glo dat Jesus na hierdie aarde toe gekom het om aan die kruis ook vir jou en jou sondes te sterf, is dit asof jy “weer”, vir ʼn tweede keer, gebore word. Jy ontvang letterlik ʼn nuwe lewe (want jy was dood as gevolg van die sonde in jou lewe), wat Jesus “ewige lewe” (ʼn lewe wat vir ewig duur) genoem het. Op ʼn hele paar plekke in die Bybel verduidelik die Here vir ons hoe hierdie geboorte plaasvind. Een van die gedeeltes is daar in Handelinge 2:37 tot 41 waar ons lees van meer as 3000 “nuwe babas” wat op een dag “nuut gebore is” en so deel geword het van die Kerk van Jesus. Kyk en luister saam met my na wat hier staan in die verse oor hoe dit gebeur het. • Nadat Petrus vir die skare vertel het van Jesus wat hulle gekruisig het, terwyl Hy in werklikheid die Here (die nuwe Koning van hierdie wêreld) en die Christus (die Messias wat God in die Ou Testament belowe het, soos daar in Jes. 53), het hierdie mense besef wat hulle gedoen het en besef dat hulle “verlore is”. Daarom vra hulle in vers 37: “Wat moet ons doen, broers?” • Dan antwoord Petrus: “Bekeer julle!” (Wat maar ander woorde is vir: “Draai dan om, verander van mening!” Waar julle voorheen nie wou glo dat Jesus die Here en Verlosser is nie, kies om nou te glo dat Hy wel ook gekom het om ook jou Here en Verlosser te wees!) • Uit wat ons in Rom. 10:9 gelees het, weet ons dat hierdie mense dit hardop met hulle mond gesê het sodat almal kon hoor hulle het hulle “bekeer”. Hulle het hardop iets soos die volgende gesê: “Here, ek is verlore. Maar dankie dat Jesus ook vir my sondes gesterf het aan die kruis. Ek neem Hom nou in geloof aan as my Verlosser en Here!” As die ander gelowiges hierdie woorde uit hulle mond gehoor het, het hulle geweet “hier is nou ʼn nuwe geloofs-baba gebore.” En hulle het hulle geneem na waar daar water was en hulle daar “gedoop in die Naam van Jesus Christus” (vers 38), as teken dat God hulle sondes vergewe het. • Dan het die gelowiges hierdie nuwe bekeerling, na die doop in water, hande opgelê en vir hulle iets soos die volgende gebid: “Here Jesus, U is nie net ons Verlosser en Here nie. U is ook die Doper met die Gees. (Hand. 1:5; 2:33) Doop nou ook hierdie nuwe gelowige met U Gees. Skenk aan hulle die gawes van die Gees wat hulle nodig het om deur U gebruik te word daar waar U hulle geplaas het. (Lees self hoe die laaste gedeelte van vers 38 in Hand. 2 en dan ook die hele vers 39 dit sê.) Ek kan vir jou ʼn hele paar ander gedeeltes in die Bybel wys om vir jou te bevestig dat dit was hoe ʼn “normale geestelike geboorte” in nuwe gelowiges se lewens gelyk het in die Vroeg-Christelike gemeente. En as dit om die een of ander rede nie so gebeur het nie, het die ander gelowiges gou-gou dit “reg gemaak”, want ʼn geboorte wat nie reg en normaal plaasvind nie, veroorsaak erge probleme na die tyd. (Kyk na gedeeltes soos Hand. 8:4 tot 17; 19:1-7). Kom ek sluit af met ʼn persoonlike getuienis. Die dag toe ek en my gesin (onthou, ek was op daardie stadium reeds vir 14 jaar die dominee in ʼn NG-gemeente) ontdek het wat ek vandag vir jou gewys het uit die Bybel, het ons besef dat die “doop” waarmee ons gedoop is as babas in die NG Kerk, nie die doop van die Nuwe Testament is nie. Die doop van die Nuwe Testament (lees maar bv., Rom. 6:1-14) kan net aan mense wat glo in Jesus as Verlosser en Here bedien word, en daarom kan babas nie met die Nuwe Testamentiese doop gedoop word nie. Daarom is ons hele gesin (ek en my vrou, en ons twee kinders wat toe ook al reeds Jesus aanvaar het as Verlosser en Here) gedoop met water en hande opgelê om so toegerus te word met die gawes van die Gees. Dit is waarvan die Here deur Sy Woord ons oortuig het. As wat ek jou vandag uit Sy Woord gewys het, werklik die Lewende God was wat met jou gepraat het, hoe gaan jy reageer in die lig daarvan? Praat met Hom daaroor in gebed. |
Dag 19 – Die Bloed van Jesus het my vergifnis van al my sondes geskenk
Die Bloed het my sonde weggewas.Jesus het tydens Sy openbare bediening in daardie laaste drie jaar van Sy lewe op aarde allerlei wonders gedoen – wat tussen die jare 29 tot 32 na Christus volgens die nuutste navorsing was. Hy het honderde siekes genees, verlamdes en gestremdes volkome herstel en mense wat demonies besete en vasgevang was, verlos. Hy het selfs dooies weer lewendig gemaak. Hy het ook getoon dat Hy die natuur kon beheer. Maar seker van Sy grootste wonderwerke was dit waarvan ons in vandag se Skrifgedeelte gaan hoor. Lukas 5:17-26, en fokus op vers 21 tot 26Blaai na Lukas 5 en lees hardop wat God self hier vir jou sê, van verse 17 tot 26, maar spesifiek dan dit wat daar in verse 21 tot 26 staan. Probeer om in jou eie woorde vir jouself te sê wat beteken dit dat God jou sonde vergewe het omdat die Bloed van Jesus daarvoor gevloei het. Om jou ʼn idee te gee wat ek bedoel daarmee, kom ek probeer in my eie woorde sê wat vergifnis van sonde vir my beteken... • ʼn Nuwe begin, soos ʼn silwerskoon dagboek met skoon bladsye • God het al my sondes en verkeerde morele keuses wat ek doelbewus en selfs onbewustelik gedoen het, vergewe, vir ewig weggeneem en so deeglik uitgewis dat selfs Hy dit nooit weer gaan ophaal of selfs onthou nie • Al daardie skuldgevoelens en skaamte daaroor kan ek net hier neersit en hoef nie meer een tree verder saam gedra word nie • My verhouding met Hom as Heilige God is volkome herstel en ons is volkome met mekaar versoen • Ek kan nuut begin, oor begin. Ek het ʼn nuwe, beter toekoms wat nou voorlê. Praat hieroor met die Here in gebed. |
Dag 18 – Die Bloed van Jesus het jou vrygemaak
Jesus het opgestaan uit die dood op 12 April 32 n.C.Jesus Christus het opgestaan! Ons Here en Koning lewe! Die afgelope tyd het ons stilgestaan by die kruis en die oop graf van Jesus. Ons het toegelaat dat God self met ons uit Sy Woord, die Bybel, praat oor hierdie gebeure en hoe dit die Joodse fees, die Pesach of Pasga-maal, in totaliteit vervul het en voor ons oë in die geskiedenis laat uitspeel het. Ja, die uittog uit ʼn lewe van slawerny onder die dwingelandy van ʼn demoniese heerser, Farao, was werklik historiese gebeure in die lewe van die Joodse volk en jy kan dit gaan navors uit die geskiedenis. Boonop word dit vir meer as ʼn 1000 jaar jaarliks herdenk deur Jode oral oor die wêreld met die Pasga-maal. Hierdie jaar, 2020 volgens ons kalender, was dit op Woensdag, 8 April, gevier, gevolg deur die fees van die eerstelinge en die sewe dae daarna wat net ongesuurde brood (brood wat sonder gis gebak word) geëet word. Dit het die Joodse volk tyd te gee om hulle lewens te ondersoek in die lig van die boodskap dat hulle deur die bloed van die lam vrygekoop is. As Nuwe Testamentiese gelowiges, glo ons die goeie nuus van die Evangelie oor Jesus! Ja, dat Hy, as die Lam van God, deur Sy lyding, Sy dood, die drie dae in die graf en die opstanding uit die dood, op ʼn volkome wyse elke profetiese simbool in elke Joodse fees, en dus ook in die Pasga-maal en die feeste daarna, vervul het deur die gebeure wat veral in daardie week in die geskiedenis, van die 6de tot die 12de April 32 n.C., plaasgevind het. Ja, dit wat ons met mekaar saam gelees het uit die Bybel oor daardie week, was dus ook nie net ʼn storie, in die sin van ʼn soort feë-verhaal, nie! Dit het ook werklik gebeur! Daarom kan jy oor hierdie gebeure gaan lees in meer as 10 000 ander historiese boeke en bronne behalwe dit wat in die Bybel hieroor staan! Die afgelope paar dae kon ek en jy aan die voete van Jesus, uit dit wat ons in Sy Woord, die Bybel, hardop gelees het, dit as’t ware uit God se eie mond weer gehoor het. Kom, tel Sy Woord, die Bybel, op en lees hardop vandag vir jouself en vir dié wat op die een of ander wyse by jou is, die volgende gedeeltes en dan hoor jy uit die Here se mond wat hierdie gebeure vir jou vandag, in 2020, sê en belowe. Eksodus 13:3-11Lees eers Eksodus 13:3-11. Onthou, die Joodse volk, is vry en is op pad deur die woestyn, weg van die lewe van slawerny van 430 jaar, op pad na die land, Kanaän, ʼn land van melk en heuning, waar hulle eens en vir altyd vry gaan wees. Hoor wat sê God self hierin vir jou oor Homself, oor die mens en spesifiek vir jou vir jou eie lewe. 2 Kor. 5:17- 6:2Blaai nou na 2 Kor. 5:17 tot 6:2 en lees wat sê God hier. Hoor wat sê Hy hierin vir jou oor Homself, en spesifiek oor jou as gelowige wat glo dat Jesus ook vir jou die volle prys betaal het deur Sy Bloed. Dank die Here daarvoor as jy met Hom praat in gebed. |