Displaying items by tag: Bid

Monday, 06 April 2020 12:11

Dag 9 en 10 - Waag om te bid (Deel 1 en 2)

 

Deel 1

Ons Skrifgedeelte wat jy weer hardop in een of twee goeie Bybelvertalings moet lees , is Mat. 6:9-14.

Probeer in hierdie eerste deel om verse 9 en 10 in jou eie woorde oor te sê.

Onthou jy, deel van die profetiese woord vir hierdie jaar was die woord: “Waag om te bid...”

Die Here het vir ons gesê: Daarom wil Ek julle uitdaag om te waag om te bid en te vra wat julle ook al nodig het in My diens as My Ambassadeurs, daar spesifiek waar en waarvoor Ek jou geroep het.

Om julle te help fokus in hierdie nuwe seisoen, luister na hoe Ek die dissipels van ouds geleer het om te bid.

Bid daarom elke dag gefokus die “Ons Vader”-gebed, want dit is in besonder My hart vir hierdie seisoen!

"Ons Vader wat in die hemel is...

Bid, “Pappa-Vader, Koning Jesus, Heilige Gees... U is beslis ons Vader in die hemel...”

Dink vir ʼn oomblik ernstig hieroor na...

Wat beteken dit vir hierdie dag... en hierdie week... en hierdie seisoen vir jou en dit wat jy glo My hart vir jou is?

Vind daarin jou rus en vrede.

"Laat U Naam geheilig word..."

Bid dan, “Laat U Naam geheilig word ...”

Stof vir nadenke terwyl jy dit bid: Here, U is die Een wat ons loof en prys! U is die Een wat ons dien en eer as die Enigste, Ware God!

U het U self aan ons met verskillende Name bekend gestel en ons uitgedaag om U met daardie Name aan te roep in geloof en U daarmee te loof en te eer.

Vandag wil ek spesifiek U loof en eer in geloof as ... Jahwe Jireh – die God wat voorsien; Jahwe Rapha – die God wat genees; Jahwe Shalom – Die God van vrede; Jahwe Nissi – Die God wat my banier van oorwinning is; Jahwe Shammah – Die God wat altyd teenwoordig is.

"Laat U Koninkryk kom! Laat U wil geskied! Soos in die Hemel ..."

Bid dan verder: “Laat U Koninkryk kom! Laat U wil geskied! Soos dit in die hemel reeds ʼn werklikheid is, laat dit asseblief ook hier op aarde, in ons lewe en rondom ons, gebeur!”

Stof vir nadenke hieroor: Koning Jesus, U is lankal reeds gesalf en aangestel deur die Vader as die Nuwe Koning ook vir hierdie seisoen, in elke duimbreedte rondom ons.

Daarom verdien net U ons onvoorwaardelike lojaliteit. Daarom kies ons maar net weer om U alleen te volg in elke deeltjie van ons lewe, elke sekonde van hierdie en elke volgende dag.

Daarom kniel ek hier aan U voete neer om U stem ook vir vandag te hoor. Lei my met U stem ook in hierdie dag.

Wys vir my wat U spesifieke wil is vir elke ding wat vandag op my wag. Gees van God, lei U my met U stem. U is my Wet en my Kompas.

Daarom is ek ook vandag hier om U Woord te lees soos U dit self in die Bybel as U geïnspireerde Woord aan ons geopenbaar het. Dit is my enigste vas en seker toets vir waarheid. Dankie vir U Gees in ons, wat ons as U volk lei in die volle waarheid!

Ons kies om ook vandag, elke sekonde van die dag, U ambassadeurs te wees. Ons kies ook om onverskrokke te doen en te sê wat U ons aansê om te doen en te sê! Dankie dat U sal doen wat U belowe as ons in gehoorsaamheid doen wat U sê. Ons is ook vandag U konings, priesters en profete ... wat U aangestel het om U tuinslange te wees wat mense rondom ons, in U Naam, in diens van U Koninkryk, te bedien met U Woord, U liefde, U genade, U voorsiening, U wonder-krag, U almag!)

Deel 2

Ons Skrifgedeelte waardeur die Here met ons praat, is steeds Mat. 6:9-14. Lees dit weer in een of twee goeie Bybelvertalings om te hoor wat die Here hier vir ons wil sê.

Probeer om in hierdie tweede deel dit wat in verse 11 tot 14 staan in jou eie woorde oor te sê.

"Gee ons vandag ons daaglikse brood!"

Bid dan verder: “Gee ons vandag ons daaglikse brood!”

En terwyl jy dit bid, sê sommer ook vir die Here die volgende hardop:

Ons is immers U kinders, U seuns en dogters.

Dankie vir die deure van die hemele wat oopstaan met alles wat ons vandag nodig het om te doen wat ons moet doen!

Ons is algeheel van U versorging afhanklik! U is ons Totale Voorsiener ook in hierdie dag, hierdie week ... hierdie seisoen! U belowe dit immers aan ons daar in 2 Kor. 9:8; Fil. 4:19; en Mat. 6:25-33.

Daarom bly ons U vertrou... al sê alles rondom ons... en wat ons kan sien met ons oë en bedink met ons verstand ... wat ook al!

Dankie dat U ook ons deur seer en pyn en swaarkry geleer het hoe nodig ons U het... maar ook hoe nodig ons mekaar het.

Dankie dat U ons geleer het om werklik mekaar lief te hê en na mekaar om te sien... soos wat bloedfamilie nie eers na mekaar omsien nie!

Wys vir my waar U my vandag wil gebruik om vir iemand anders, uit dit waarmee U my seën, te seën!)

"Vergewe ons ons sondes..."

Bid dan verder: “Vergewe ons ons sondes, soos ons ook ander wat teen ons sondig, vergewe!”

En bid die volgende hardop agterna:

Gees van God, wys ons in U genade as daar mense is wat ons nie werklik vergewe het nie! Wys vir ons enige bitterheid of waar ons maar nog nie reg gemaak het met iemand uit ons verlede nie!

Here, ons is steeds onder konstruksie en nog so stukkend! Gees van God, dankie dat U belowe dat U sal klaar maak waarmee U begin het in ons lewe! Genees ons, Here, selfs daar waar ons dit so diep gaan wegpak het in ons senuweestelsel, dat ons dit soms nie meer eers kan onthou nie!

"Laat ons nie in versoeking kom nie..."

Bid dan ten slotte: “En Vader, laat ons nie bo ons kragte versoek of getoets word nie, maar verlos ons van die bose!”

En terwyl jy dit bid, dink sommer oor die volgende daar aan die voete van die Here:

In die lig van wat God se Gees aan ons daar in Jakobus 1 openbaar, weet ons, dat God ons nooit versoek nie. Nee, ons word versoek deur daardie stukke van my “ou vlees”, begeertes, gewoontes, of daar waar ek nog verkeerd dink oor dinge, of ou, onverwerkte emosionele pyn en seer, wat êrens diep weggepak lê in my wese, wat die vyand telkens “wil raak steek” of net weer wil aktiveer.

Daarom het ons so nodig om oop en sensitief te wees vir die stem van die Gees en om gewillig te wees om onmiddellik in ons spore om te draai as dit nodig is, of ons “te bekeer”, of van gedagte te verander.

Daarom het ons nodig om gedurig “vervul te wees en onder die beheer te wees van Sy Gees”!

Daarom het ons nodig om elke dag opnuut onsself aan te trek met die volle wapenrusting, sodat ons “staande kan bly”!

Om te bid, “Laat ons tog nie bo ons kragte versoek of getoets word nie”, moet ons verstaan in die sin wat daaroor gepraat word in 1 Kor. 10:11-13.

Hoor hoe word die verse in Engels vertaal: “Now these things happened to them as examples and were written down as warnings for us, on whom the fulfillment of the ages has come. So the one who thinks he is standing firm should be careful not to fall. No trial has seized you except what is common to man. And God is faithful; He will not let you be tested beyond what you can bear. But when you are tested, He will also provide an escape, so that you can stand up under it.” (1 Corinthians 10:11-13)

En “Verlos ons…” moet ons verstaan in die sin van Jesus wat ons daagliks verlos en daar is as ons Enigste Ware Hoop! (2 Kor. 1:10)

Hy het ons eens gered uit die tronk van die duisternis waarin ons Hom nie geken het nie en slawe van sonde en die duisternis was. Nou is ons vra en burgers in Sy Koninkryk. (Kol. 1:13, 2 Pet. 2:9)

Om dus te bid, “Verlos ons van die bose!”, (tou ponerou, in die Grieks), kan ons soos volg verstaan: “Israel failed to enter the promised land (God’s rest) because of their evil (ponera) heart of unbelief”. (Hebrews 3:12, 19)

En, “Today, if you hear His voice, do not harden your hearts as you did at Meribah, in the day at Massah (Massah mean testing) in the wilderness, where your fathers tested and tried Me, though they had seen My work. For forty years I was angry with that generation, and I said, “They are a people whose hearts go astray, and they have not known My ways.”

So I swore on oath in My anger, “They shall never enter My rest.” (Psalm 95:7-11)

If we want to enter God’s rest, as the Book of Hebrews states further, quoting Psalm 95:7-11 above, “See to it, brothers, that none of you has an evil (ponera) heart of unbelief that turns away from the living God.” (Hebrews 3:7-12)

So, we see that it was because of their unbelief that they were unable to enter. Therefore, while the promise of entering His rest still stands, let us be careful that none of you be deemed to have fallen short of it. For we also received the good news just as they did; but the message they heard was of no value to them, since they did not share the faith of those who comprehended it.” (Hebrews 3:19-4:2)

There’s a promise of entering God’s promised land of rest that’s available to us, but we need to do something to obtain it. In the Biblical example of the Israelites, the thing that prevented them from entering their promised land was their evil heart of unbelief.

Based on all the reasons above, I believe when we pray ‘deliver us from the evil’ in the Lord’s Prayer, Jesus meant for us to be asking God to rescue us from the evil heart of unbelief that remains within each of our hearts.

Walk by the Spirit, and you will not gratify the desires of the flesh. (Galatians 5:16)”

Published in Nuusbrief
Tagged under