Displaying items by tag: Krag

Lees asseblief Lukas 9:1-2 en hoofstuk 10:1-20

In Lukas 9:1 en 2 lees ons:

“Jesus het die twaalf bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee om alle bose geeste uit te dryf en siektes te genees.”

Kom ek probeer kortliks die verskil tussen Bybelse krag en Bybelse outoriteit verduidelik.

Ons sien hierdie Bybelse krag aan die werk daar waar die Here ons gebruik om mense met die gawes van die Gees, en spesifiek deur gawes soos genesing en bonatuurlike wonders bedien.

Bybelse outoriteit gaan daaroor dat die lewende God self sal sorg dat dit wat Hy ons beveel om in Sy Naam te doen, sal gebeur.

Daar waar Hy ons opdrag gee om vir iemand wat dood is, opdrag te gee om op te staan uit die dood, en ons dit in gehoorsaamheid doen, sorg Hy dat dit gebeur!

Of daar waar ons totaal aan Koning Jesus onderwerp het (soos Jakobus 4:7 ons opdrag gee om te doen), en ons daar waar ons bewus raak van demoniese magte wat aan die werk is in situasies of in mense se lewe, ons die vyand teëstaan en opdrag gee om pad te gee, moet hy padgee!

Met dit in gedagte, kom ons luister dan na die volgende Skrifgedeeltes:

Luk. 9:1,2

“Jesus het die twaalf bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee om alle bose geeste uit te dryf en siektes te genees.

Toe het Hy hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak.”

In vers 1 het die NAV die woord “mag” gebruik om die Bybelse krag-dimensie mee te vertaal en die woord “gesag” om die outoriteit waarin ons as volgelinge van Jesus staan, te vertaal.

Matt. 16:18,19

“En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.”

In hierdie verse sien ons hoe die “ekklesia” of ware Kerk van Jesus, selfs daar in die poorte van Hades, of die Hel, waar satan en sy demoniese magte tot nou toe die oorhand gehad het, sal moet padgee en oorgee as ons daar in stap en begin optree met die outoriteit van Koning Jesus, deur te doen wat Hy ons beveel het.

Dit is daar waar ons gaan ontdek dat Koning Jesus werklik vir ons “sleutels” of krag gegee het wat in die sigbare realiteit hier op aarde, of in die geestelike realm (die hemel), dinge laat gebeur.

Sê vir my, hoe bewus is jy van jou bonatuurlike “wapens” (of daardie “krag”-dimensie) wat jy deur die werking van die Gees tot jou beskikking het?

Besef jy dat jy in God se weermag ʼn geestelike “rang-teken” (soos in die weermag of die polisie) op jou skouers het, wat vir jou geestelike outoriteit gee om in Jesus se Naam vir die vyand te sê om pad te gee, en dan moet hy!

Volgende keer gaan ek vir jou ʼn paar voorbeelde hiervan uit ʼn verhaal daar in Handelinge wys.

Published in Nuusbrief
Tagged under