Displaying items by tag: Ps 23

Saturday, 16 May 2020 06:38

Die bekende Ps. 23

 

Wie van ons ken nie Ps. 23 uit ons kop uit nie!

As jy, soos ek, in ʼn huis groot geword het waarin die Bybel gelees is en as jy van kindsbeen af deel was van die een of ander Christen-gemeente, dan is Ps. 23 deel van jou DNA.

Vandag wil ek graag weer met jou dit wat ons al reeds by ʼn vorige geleentheid geoefen het, weer doen. Dit is om hardop die Here te begin agterna-sê wat Hy vir jou in Sy Woord, die Bybel, sê en belowe.

Ons gaan as’t ware dit wat ons uit God se eie mond hoor, in Sy Woord, die Bybel, agterna begin sê in geloof oor ons eie, en ons geliefdes se lewens, want ons glo dat as God iets gesê het, staan dit vas, want Hy kan nie lieg nie!

Ons glo immers dat die Lewende God self met my praat as ek die Bybel lees.

Met ander woorde, as die Here in hierdie Bybel vir my beloftes gee, sê ek: Die Lewende God self het dit vir my gesê. Ek glo dit. En dit staan vas en seker!

Met dit in gedagte, kom ons neem Psalm 23 en ons maak dit vandag baie prakties deel van die Here se seën in ons en ons geliefdes se lewens.

Maak jou Bybel daar oop en lees dit hardop een of tweekeer.

Probeer nou om in jou eie woorde oor te sê wat presies hier staan.

Wat beteken dit prakties, vandag, vir jou (en jou geliefdes), as die Lewende God self dit aan julle beloof?

Wil jy nie, soos ons laas gemaak het met Ps. 91, ook met Ps. 23 doen nie?

Spreek dit letterlik uit as ʼn seën oor jou eie lewe en as ʼn seën oor hulle lewens in gebed.

Published in Nuusbrief
Tagged under