Displaying items by tag: drink

 

Ek hoop ek het jou aandag deur hierdie vraag.

Ja, dit is ʼn baie relevante vraag, volgens 1 Kor 10:31 wat soos volg lui:
“Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.”

Of soos die MESSAGE-vertaling dit vertaal: “So eat your meals heartily, not worrying about what others say about you—you’re eating to God’s glory, after all, not to please them. As a matter of fact, do everything that way, heartily and freely to God’s glory.”

Om iets tot “eer van God” te doen, beteken doodgewoon dat dit deel is van jou “worship”, of jou “ere-diens aan God”!

Die merkwaardige is dat hierdie “ere-diens” elke keer as jy eet of drink, aan tafel, gebeur!

Hoef ek vir jou 1 Kor. 6:19,20 ook in die verband aan te haal?

“Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.”

As jy dus nog nie mooi snap wat God die Heilige Gees hier deur die Woord vir jou sê nie, kom ek sê dit in gewone Afrikaans vir jou: ʼn Baie belangrike deel van jou daaglike “ere-diens” as gelowige volgeling van Jesus is hoe jy God eer en aanbid in die manier hoe jy verantwoordelikheid neem vir jou liggaam en gesondheid. Anders gesê, dit wat jy eet of drink, elke dag, en of dit gesond en goed vir jou liggaam en gesondheid is, is deel van jou “erediens vandag”!

Onthou jy daardie storie van Daniël en sy vriende in daardie vreemde land met sy vreemde, en selfs afgodiese eetgewoontes? Gaan lees dit net weer in Dan 1:4-17.

Daar sal jy sien hoe hulle, omdat hulle gelowiges was, aangedring het op 'n basiese gesonde dieet, want hulle het geweet dat die kos wat aan hulle voorgesit word, veral die vleis en wyn, word elke dag aan die afgode in daardie land toegewy. (Soos wat alle kos hier in Suid-Afrika, en oor die wêreld, met die Halaal-teken op, aan Allah toegewy is.)

Daarom het hulle dit vermy.

Nie omdat vleis sleg vir ons is nie. (Inteendeel, God het immers self vir die Jode geleer om vleis te eet, soos die lamsboud tydens die Paasfees, en beesvleis. Jesus self het vis geeët en brood.

Published in Nuusbrief
Tagged under