‘n Nuwe Diens – Kom ek help jou om God se Droom vir jou lewe opnuut te ontdek en waar te laat word!

Aan die begin van 2019 het die Here vir my soveel Afrikanermanne en -vroue en jongmense gewys wat depressief, moedeloos en stukkend is!

En ek het beleef dat God daardie salwing op my lewe om Sy tuinslang te wees om genesing aan mense te bedien, weer wil aanblaas!

Daarom het die Here vir my geleentheid gegee om ‘n spesialis-kursus in Multivlak-Neuro-Prosessering te loop wat my wetenskaplik toegerus het om met al 3 dele van die brein te kan kommunikeer.

Het jy geweet dat net 30% van jou brein Afrikaans of Engels of enige ander taal kan verstaan?

Daarom moet ons ‘n ander metode vind om ook met die ander 70% van jou brein te kan kommunikeer.

Boonop is daardie 70% van jou brein daardie deel van jou brein waar jou diepste behoeftes, waardes, vrese, seer en geestelike oortuigings vasgelê word, letterlik in jou senuweestelsel!

Daarom nooi ek veral sakemanne en -vroue en boere uit wat voel dat hulle “stuck” voel of dat hulle entoesiasme of droom êrens langs die pad verloor geraak het, om met my ‘n afspraak te maak.

Die eerste sessie is altyd gratis, want dit gaan my help om te sien of ek jou kan help, en of ek jou eers moet help om by iemand uit te kom wat jou kan help sodat ek jou verder kan help.

En asb., afstand is nie ‘n kwessie nie!

Jy hoef nie eers fisies na my toe te kom as jy nie kan nie!

Kontak my net!

Ons gaan ‘n plan maak om te kan gesels!