IN SUID-AFRIKA EN INTERNASIONAAL

Van hulle bedieningsbasis in Somerset-Wes in die Wes-Kaap bedien Christo en Hetta landswyd oor Suid-Afrika en oor die hele wêreld God se mense oral waarheen gelowiges hulle uitnooi om hulle en hulle vriende te kom bedien.

Die afgelope 23 jaar wat drs. Christo en Hetta Nel in die vernuwing God se mense bedien, het die Here oral in Suid-Afrika en selfs internasionaal vir hulle deure oopgemaak en verskillende platforms gegee om Sy mense op te bedien.

So het hulle op ’n gereelde basis reeds in die volgende dorpe en stede in die Wes-, Suid- en Noord-Kaap mense bedien:

Somerset-Wes, Strand, Stellenbosch, Gordonsbaai, Sir Lowry’s Pas, Grabouw, Kleinmond, Pringlebaai, Bettiesbaai, Hermanus, Stanford,  Gansbaai, Caledon, Bredasdorp, Villiersdorp, Worcester, Ceres, Op-die-Berg, Paarl, Brackenfell, Bellville, Kaapstad en Metropool, Malmesbury, Darling, Yzerfontein, Saldana, Langebaan, Hopefield, Piketberg, Calvinia, Keimoes, Upington, Riebeeck-Kasteel, Gouda, Porterville, Tulbagh, Wolseley, De Doorns, Stuisbaai, Swellendam, Buffelsjag, Roberston, Ashton, Heidelberg, Mosselbaai, Stilbaai, George, Hartenbos, Oudtshoorn, Calitzdorp, De Rust, Knysna, Kareedouw, Humansdorp, Port Elizabeth.

Ander dele van die land waar hulle ook gereeld bedien, is Potchefstroom, Viljoenskroon, Pietermaritzburg, Bloemfontein, Hertzogville, Hoopstad, Jan Kempdorp, Bothaville, Kroonstad, Frankfort, Pretoria.

Internasionaal het die Here vir drs. Christo en Hetta Nel gebruik om in België, Nederland, Frankryk, Oostenryk, Switserland, Duitsland en in Italië te kon bedien.

BEDIENING VIA DIE INTERNET

Behalwe hulle openbare bediening oral in verskillende dele van die Liggaam van Jesus, sy dit in die gestruktureerde denominasies of in huisgemeentes of familie gelowiges, bedien Christo reeds sedert 2000 bykans 3000 gelowiges wêreldwyd op elke kontinent in die wêreld via die internet.

Tussen hierdie gelowiges is daar honderde leiers op die markplein, boerdery-gemeenskap, onderwys en in die politiek, asook meer as 100 gemeenteleiers en sendelinge.

CAREER DIRECT

Dr Christo is ook ‘n internasionale toetser van CAREER DIRECT.

As jy of ‘n geliefde wonder of julle op die regte plek werksgewys, of studie-gewys is, kan jy gerus met hom daaroor skakel.

Lees die volgende hieroor:

“The Career Direct® Guidance System can help you along the path of educational and career fulfillment. By taking this one to two hour-walk of discovery on the internet in the language of your choice, you will gather a valuable collection of information about yourself you can use immediately.

It allows you to profile your personality, interests, skills, and values and instantly generates 33 pages of individualized reports.”

The facilitator, Life Coach and Mentor, Dr Christo Nel, is a licensed tester and evaluator of the CAREER DIRECT Guidance System of CROWN, the biggest Christian Financial Organization internationally.

See https://careerdirect-ge.org/

The discovery-test of an hour to two hours on computer will be followed by a one to two-hour evaluation session with the client on a following appointment.”

ANDER WEBBLAAIE

Dr Christo het ook verskeie ander webblaaie.

Hiervan is die volgende van belang:

  • ‘n Netwerk van nuwesoortige gemeentes wat nie weer “aparte kerke” of denominasies wil wees nie, maar bloot lokale gemeentes van die groter Ekklesia van Jesus: http://ekklesia-netwerk.co.za/
  • ‘n Sambreel vir hierdie gemeentes, naamlik DIE GEMEENSKAP VAN NUWE TESTAMENTIESE KERKE:  http://gntk.co.za/ 
  • ‘n Engelse webblad wat gelowiges toerus om met die Bybel in klein groepies mense na Jesus te lei en verder te dissipel: http://journey-of-discovery.co.za/

NOG ‘N SLUKKIE NUWE WYN

Christo stuur elke week ’n nuusbrief met Woord aan hierdie gelowiges oor die wêreld uit om hulle toe te rus en met die Woord te bedien. Dit is nou reeds sedert 2000 aan die gang en deur die Here se genade het hy die voorreg om elke week sowat 4000 mense op die wyse te bedien.

Kliek die onderstaande skakel om in te skryf om eenmaal per week die Nuusbriefie, NOG ‘N SLUKKIE NUWE WYN” met Woord te ontvang.

SKRYF IN OM NUUSBRIEFIE WEEKLIKS TE ONTVANG