Dag 35 – Jy en ek is aangestel as ambassadeurs en getuies, om vir ʼn hele wêreld die goeie nuus te vertel

Getuie Getuie

ʼn Mens kan seker die Evangelieboodskap op baie maniere opsom en oorvertel aan mense.

Vandag wil ek hê jy moet saam met my Lukas se beskrywing gaan lees oor wat Jesus in daardie 40 dae na Sy opstanding, vir Sy dissipels oor hulle opdrag om Sy getuies te wees, gesê het.

Blaai saam met my na Handelinge 1 en dan lees ons verse 1 tot 8, soos ons nou al geleer het, eers hardop vir onsself en dan probeer ons om dit in ons eie woorde oor te sê.

Dink ʼn bietjie na oor hoe jy hierdie uitdrukking, die “dinge van die koninkryk” in jou eie woorde kan oorsê.

Stem jy met my saam dat as Jesus hulle in vers 8 opdrag gee om Sy “getuies” te wees, beteken dit ten minste ook dat hulle vir die res van die wêreld moet gaan vertel dat Jesus die nuwe Koning hier op aarde is.

Ja, Hy regeer nou hier op aarde as die nuwe Koning, want Hy het die vyand verslaan en sy mag en houvas op hierdie aarde en sy mense gebreek.

Dink ʼn bietjie prakties na oor wat beteken dit as die Here vir jou vandag sê jy moet “Sy getuie” wees.

Hoe kan jy in dit wat jy elke dag moet doen, “Sy getuie” wees?

Praat hieroor met Pappa-Vader in jou gebed.