Dag 5 – Hoe lyk die “kerk” wat God vir ons in die Bybel wys

Gedurende hierdie “Lockdown” sê mense dat die “kerk” toe is! Maar dit is natuurlik nie waar nie. Nie volgens wat God in die Bybel oor die “Kerk” of “Ekklesia” (soos die Griekse woord dit noem) sê nie.

Ja, die geboue waar God se mense gewoonlik op ʼn Sondag byeengekom het, is wel “toe”.

Maar kom ons gaan lees self in die Bybel hoe God se prentjie van die “Kerk” lyk.

Waar jy alleen of saam met ʼn paar ander mense (op die een of ander manier, soos via WhatsApp) sit, vat die Bybel en lees (hardop) wat in die volgende verse staan om te kyk of ek reg is as ek sê ...

  • 1 Kor. 6:19 teken my en jou liggaam as die “tempel” van die Heilige Gees
    • Mat. 18:20 teken vir ons “die Kerk” of “ekklesia” as waar groepe van twee of 3 gelowiges op die een of ander manier saam bymekaar is
    • Rom. 16:5 (en Hand. 2:46; 5:42; 8:3; 10:2: 12:12; 16:32,40; 18:7; 20:20: 1 Kor. 16:19; Kol. 4:15; Fil. 1:2) teken die “Kerk” of “ekklesia” waar hulle in gewone huise of woon- en selfs werkplekke bymekaar gekom het
    • Rom. 16:1 en 1 Kor. 1:2 teken vir ons waar die Here groepe gelowiges wat saam met ander gelowiges in ʼn dorp of stad bymekaar kom as “Kerk” of “ekklesia”
    • Openbaring 1:4 praat van “Kerk” of “ekklesia” waar dit praat van ʼn groep gelowiges wat in ʼn bepaalde area woon (soos ʼn provinsie of staat)
    • In Hebreërs 12:22,23 praat Hy van “julle” wat ook deel is van die “Kerk” of “ekklesia” van gelowiges oor die hele wêreld, oor alle tye.

Gesels ʼn bietjie met mekaar oor hoe dit verskil van die manier hoe ons gewoonlik van die “kerk” praat.

As jy werklik die Here vandag met jou hoor praat het, besluit vandag om anders oor “kerk” te praat.

(Begin jou sin met... “Ek het vandag ontdek die Here sê ... en daarom kies ek (weer) om van vandag af ...”)

Maak jou oë toe en antwoord Hom in gebed op wat Hy vir jou spesifiek gesê het in hierdie verse.