Print this page

Maak dissipels van die nasies

Hy het opgestaan Hy het opgestaan

 

Matteus 28:18-20 (Direkte Vertaling)

Jesus het nadergekom en met hulle gepraat en gesê: "Aan My is alle mag in die hemel en op die aarde gegee.

Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees,

En leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek julle beveel het. Onthou, Ek is die hele tyd saam met julle tot die einde van die wêreld."

Kan ek jou herinner dat Jesus as die Opgestane Koning hier praat.

Hy is besig om vir ons te vertel wat dit prakties beteken om die Koninkryk van God “bo alles te soek”.

As ons dit verstaan, kom om kyk nou wat staan in hierdie bekende verse in Mat. 28.

Een van die wonderlike dinge wat my kennis van Grieks in hierdie vers vir my beteken het, is dat ek verstaan het dat ons hierdie “gaan” in hierdie vers totaal verkeerd verstaan het al die jare.

Hierdie “gaan” is nie daardie “gaan” van iemand wat as ʼn sendeling uitgestuur word na die een of ander vreemde nasie toe nie.

Nee, hierdie Griekse woord wat met “gaan” vertaal word, beteken eintlik “terwyl julle van plek tot plek, in julle daaglikse handel en wandel, by die huis en by die werk, besig is”...

Dit is daar waar ons mense moet “dissipel”.

Dit is daar wat ons, soos Jesus Sy dissipels geleer het, byvoorbeeld die metode van Lukas 10 moet gebruik om te wag vir daardie geleentheid om die “evangelie van die Koninkryk” oor Jesus aan hulle moet bedien.

As hulle Hom dan as Koning en Verlosser aanvaar, moet ons hulle weer leer en oefen om op hulle beurt dissipel-makende dissipels van Jesus te wees.

Dit is wat ons onder “die nasies” moet gaan doen.

Daardie “nasies” moet ons verstaan in die betekenis soos Markus 16:15 dit uitspel: “Gaan na die hele wêreld en verkondig die evangelie aan die hele skepping.”

Ons doelwit is dus om elke mens wat êrens op hierdie aarde van ons woon, se lewe te verander. Maar ook om elke gedeelte of area in mense se lewens te verander, stukkie vir stukkie, tree vir tree, soos die Here ons geleer het en soos Hy dit bedoel het om te wees.

“Hulle moet leer om God in alles te gehoorsaam”.

Hulle moet leer om, soos 1 Kor. 10:31 dit stel: “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.”

Related items