Print this page

SIEN JY, DIE SKIP IS BESIG OM TE SINK!

Die skip sink Die skip sink

 

Uiteindelik!

My nuwe boek is klaar!

En sy titel is presies dit: SIEN JY, DIE SKIP IS BESIG OM TE SINK!

In hierdie boek van 300 bladsye, vertel ek jou van hoe die Here God besig is om vir Sy Familie hier op aarde 'n nuwe prentjie te wys van wat dit werklik beteken om Kerk/Ekklesia van Jesus hier op aarde te wees.

Op 'n besondere manier het die Here my en Hetta opdrag gegee om weer betrokke te raak by dit wat tans in die NG Kerk aan die gebeur is, waar honderde gemeentes oor die land, in Namibië en in Botswana, besig is om uit te stap uit die NG Kerk-verband!

Maar waarheen moet hulle gaan?

Hoe lyk Bybelse Ekklesia? Hoe lyk dit daar op plaaslike vlak, waar God se mense woon en werk?

Omdat dit ook vir jou belangrik is, het ek beleef die Here gee my opdrag om die eerste oplaag van hierdie boek as 'n e-boek GRATIS VIR JOU TE SKENK!

Gaan laai dit asb by die volgende skakel af:

Laai jou gratis boek af