Displaying items by tag: Getsemané

 

Lukas 22

Vandag dink ons na oor die gebeure daardie Dinsdag, 8ste April 32 n.C. in Jesus se aardse lewe.

Die vorige dag, laat-middag, het Jesus en sy dissipels na sy vriende in Betanië vertrek. En omdat Jesus en sy dissipels nie in Jerusalem self was nie maar in Betanië, ’n klein dorpie net buite Jerusalem, was dit toelaatbaar (volgens die Tora-wetgewing) dat hulle ’n dag vooraf, die Pasga-maal kon saam vier en eet.

Later daardie aand word Jesus gevange geneem in die tuin van Getsemane, wat lê op die pad van Betanië na Jerusalem toe.

Die twee gedeeltes oor al twee die gebeure daardie dag, kry ons albei in Lukas 22.

Lees eers Lukas 22:14 tot 23 oor waar hulle die Pasga-maal saam geëet het. (Jy kry ook ander gedeeltes in die Nuwe Testament wat hieroor vir ons iets vertel, soos Mat. 26:17-35; Joh. 13:36-38; en 1 Kor. 11:23-34).

En lees dan Luk. 22:39-53 oor die gebeure daar in Getsemané hardop vir jouself. (Mat. 26:36-46 vertel ons ook hiervan).

Nadat jy die gebeure probeer oorvertel het in jou eie woorde, luister mooi na wat die Here vandag vir jou hierin probeer sê.

Sjoe, ek weet nie van jou nie, maar ek het sommer ʼn klomp dinge waaroor ek met die Here wil praat na alles wat ek by Hom in hierdie gedeeltes gehoor het!

'n Belangrike Bylaag om die res van die week se gebeure te verstaan

Ja, ek weet ʼn groot deel van die Christen-wêreld praat vandag van as “Goeie Vrydag” en herdenk die kruisiging van Jesus asof dit op die Vrydag van daardie week plaasgevind het.

Ek en jy weet egter dat Jesus reeds die Woensdag van daardie week gekruisig is.

Ja, ja, ek weet, daar word gepraat in die Bybel van ʼn Sabbat net na Sy kruisiging, en dat die tipies normale Sabbat van die Jode gewoonlik van Vrydagaand, 18h00, tot Saterdagaand, 18h00, is. En dit is normaalweg waar.

Behalwe wanneer ... Die week waarin die Pasga gevier word, en dit êrens in die normale week val, reël die Tora-wetgewing dat daardie dag ook as ʼn Sabbat, of heilige dag, aan God gewy, geag word.

En dit is presies wat in hierdie bepaalde week waaroor ons nadink, van die 6de tot die 12 April 32 n.C., die geval was.

(En heel merkwaardig, vanjaar, 5780 op die Joodse Kalender, val 14 Nissan, die dag waarop die Pasga-maal gevier word, weer op 'n Woensdag, môre om presies te wees.)

Daarom was daar in daardie betrokke week, 2 Sabbatte. Want die dag, 14 Nissan, waarop die Pasga-maal plaasvind, is ook as 'n Sabbat geag. En dit sou dan normaalweg gevolg word deur die normale Sabbat wat Vrydagaand 18h00 tot die Saterdag 18h00 gevier word.

Die week waarin Jesus gekruisig is, op ons Kalender, wat op Sondag, 6 April begin het, was so 'n week waar die Pasga-viering ook in die week geval het. Daarom was daar dus twee Sabbatte die betrokke week gewees het.

 

Published in Nuusbrief
Tagged under