As mense se harte nie verander nie, gaan bittermin verander!

 

 

Jesus se GROOT OPDRAG aan ons elkeen is: Gaan maak die mense My dissipels, doop hulle en leer hulle alles wat Ek julle beveel het!

Gaan kyk 'n bietjie na hierdie 4 minute-video hieroor:

https://youtu.be/pJq1N4PiH28?si=F5P_ngKFhRwNPZFe

Kan ek jou vra: Maak jy werklik mense dissipels van Jesus, en leer jy hulle dan ook hoe om ander dissipels te maak?

Al is ek baie opgewonde oor die hele TIME2RISESA-beweging wat in ons land aan die gang is, weet ek ook dat as daar nie in hierdie beweging dissipels van Jesus gemaak word, wat ook geleer word hoe om ander dissipels te maak nie, kan ook hierdie wonderlike beweging nie werkiik hierdie land en sy differse gemeenskappe blywend verander nie.

Daarom het die Here my al jare gelede (meer as 5 jaar terug) opdrag gegee om 'n Toep/App te bou wat op elke selfoon in hierdie land gelaai kan word, wat mense kan help om van ander dissipels te maak, en wat hulle weer kan help om weer van ander dissipels te maak.

Vandag is dit my voorreg om vir jou te sê: Hierdie Toep of app is klaar!

En jy en jou vriende kan dit GRATIS gaan aflaai op julle fone en begin gebruik om te doen wat Jesus ons opdrag gegee het om te doen!

Daarom is ek ook die week in Bloemfontein om juis hierdie naweek, 6 tot 8 Oktober, by WILDE ALS, net buitekant Bloemfontein, by die saamtrek van duisende lede van TIME2RISESA, dit ook daar bekend te stel en vir elkeen wat deel gaan word van hierdie beweging (wat teen volgende jaar Meimaand, tot 11 miljoen mense kan wees) so 'n stukkie gereedskap op hulle fone te gee wat hulle in staat stel om van ander dissipels van Jesus te maak, wat ook ander weer op hulle beurt kan dissipel.

HIER IS HOE JY HIERDIE TOEP/APP KAN AFLAAI OP JOU FOON?

Kliek op hierdie volgende skakel

https://journey.beezer.com/

En volg die instruksies van hoe om dit af te laai op jou "HOME"-bladsy van jou foon.

Begin 'n bietjie rondkyk op die Toep en begin om die Here te vertrou vir een of twee ander mense met wie jy hierdie JOURNEY OF DISCOVERY self kan beleef!

WORD DEEL VAN ONS NASIONALE SPAN!

Ja, JY KAN 'N VERSKIL MAAK!

Die tyd is nou!

As dit nie by ons begin nie, wie dan anders? As dit nie nou begin gebeur nie, wanneer dan?

"’n Volk juig as regverdige mense die mag kry; ‘n volk sug as ‘n goddelose mens regeer." (Spr. 29:2)

GENOEGisGENOEG

ENOUGHisENOUGH

Time2RiseSA