
Luk 5:37,38: Ook gooi niemand nuwe wyn in ou wynsakke nie; maar as hy dit doen, dan sal die nuwe wyn die wynsakke laat bars, en dit sal uitloop en die wynsakke sal bederf wees. Maar nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word.

Opdrag?
- Bedien Nuwe Wyn aan mense - Ou Bybelse waarhede onder die leiding van die Heilige Gees
- Maak ʼn pad waar daar geen pad is nie – deur die bos. Teer dit dan, want derduisende is op pad.
- Bou reddingsbote om God se mense op die dek van die skepe wat sink, te red.
- Neem hulle dan na die teerpad toe en sê: Hier is die pad, sê die Here!
- Bedien genesing na gees, siel en liggaam aan hulle in Jesus se Naam.
Wie is ons?
Dr Christo en Hetta Nel
1979-1993 – Predikant NG Kerk
Sedert 1993 – Voltyds in Koning Jesus se diens in Sy Ekklesia wêreldwyd
1000de medewerkers!
So lyk Sy Kerk/Ekklesia
- Hulle is familie wat God en mekaar lief hê
- Ambassadeurs van die Koninkryk van die Hemel hier op aarde
'n Nuwe geboorte is nodig om deel hiervan te word
= Deur ʼn ware Bybelse sondebesef
= Deur bekering en ʼn geloofskeuse vir Jesus Christus as Verlosser en Koning
= Deur die doop met water daarna
= Deur handoplegging en gebed vir die doping met die Gees

Die Ekklesia is een
Luk. 5:38,39: Niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word.
Joh. 17:21: Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Lees meer hieroor ...
Nuwe Wyn Nuusbrief

“Ewige lewe” beteken nie net om hemel toe te gaan nie! (Deel 18)

“Ewige lewe” beteken nie net om hemel toe te gaan nie! (Deel 17)
Hier in Suid-Afrika, en ek sien ook in Amerika, is ons op pad na die een of ander vorm van verkiesing.
Daarom my vraag: Het dit wat ons die afgelope tyd oor gepraat het, ook implik...

“Ewige lewe” beteken nie net om hemel toe te gaan nie! (Deel 16)
My Blog

INVESTEER WAAR DIE KONINKRYK VAN DIE HEMEL GEBEUR
“Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” (Matt. 4:17)
Jesus se boodskap hier op aarde gedurende daardie 3 jaar van Sy openbare bediening (27 tot 30 nC) het alles gefokus op die Koninkryk van God.
Hoe lyk dit prakties as iets van die Koninkryk hier tussen ons op aarde gebeur?
Jesus antwoord dit self daar in Lukas 4:16 tot 18:
“Die Gees van die Here is op My
omdat Hy My gesalf het
om die evangelie aan armes te verkondig.
Hy het My gestuur om vry...

Hoe werk ons geldsake in NUWE WYN
Op 1 Augustes 2026, die eerste van die agste maand van hierdie jaar, glo ek, het ’n nuwe seisoen waarin ons mense nog meer effektief as in die verlede, begin.
Nie dat ons nie reeds ’n groot verskil gemaak het die afgelope 48 jaar wat ons voltyds in diens van Koning Jesus binne Sy Ekklesia/Kerk was nie! Nee, ek sê altyd, omdat ek vandag BETER WEET, DOEN EK BETER!
Ja, ek het gedurende hierdie 48 jaar elke dag die Here voluit en so goed ek kon gedien en dinge gedoen.
Maar oor die jare het ek...
Hoe gebruik die Here dr Christo en Hetta Nel oor die wêreld in hulle geloofsbediening
Jesus het vir Sy dissipels in Matteus 10:8 die volgende gesê: “Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.”
Dr. Christo en Hetta Nel, het in 1993, na ʼn 14-jaar bediening in die NG Kerk, bedank om voltyds beskikbaar te kan wees waar die Here hulle wêreldwyd wou gebruik in Sy Ekklesia.
Sedert Oktober 1993, in opdrag van die Here, bedien hulle voltyds in geloof, met die Here as hulle Totale Voorsiener wat ...