
Luk 5:37,38: Ook gooi niemand nuwe wyn in ou wynsakke nie; maar as hy dit doen, dan sal die nuwe wyn die wynsakke laat bars, en dit sal uitloop en die wynsakke sal bederf wees. Maar nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word.

Opdrag?
- Bedien Nuwe Wyn aan mense - Ou Bybelse waarhede onder die leiding van die Heilige Gees
- Maak ʼn pad waar daar geen pad is nie – deur die bos. Teer dit dan, want derduisende is op pad.
- Bou reddingsbote om God se mense op die dek van die skepe wat sink, te red.
- Neem hulle dan na die teerpad toe en sê: Hier is die pad, sê die Here!
- Bedien genesing na gees, siel en liggaam aan hulle in Jesus se Naam.
Wie is ons?
Dr Christo en Hetta Nel
1979-1993 – Predikant NG Kerk
Sedert 1993 – Voltyds in Koning Jesus se diens in Sy Ekklesia wêreldwyd
1000de medewerkers!
So lyk Sy Kerk/Ekklesia
- Hulle is familie wat God en mekaar lief hê
- Ambassadeurs van die Koninkryk van die Hemel hier op aarde
'n Nuwe geboorte is nodig om deel hiervan te word
= Deur ʼn ware Bybelse sondebesef
= Deur bekering en ʼn geloofskeuse vir Jesus Christus as Verlosser en Koning
= Deur die doop met water daarna
= Deur handoplegging en gebed vir die doping met die Gees

Die Ekklesia is een
Luk. 5:38,39: Niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word.
Joh. 17:21: Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Oor die wêreld is God besig om Sy mense se prentjie van die Kerk te verander. Dit het ook in 'n oud-dominee van die NG Kerk se lewe gebeur. Daarom lyk gemeentes anders deesdae.
Lees meer hieroor ...
Lees meer hieroor ...
Nuwe Wyn Nuusbrief

In Sy teenwoordigheid kyk ek anders na my finansiële uitdagings
Dit is so vreemd hoe jy in ’n oomblik kan leer om anders te kyk na dinge! Dit is werklik soos om die een oomblik nie mooi te kon sien nie, en die volgende oomblik gee iemand jou ’n nuwe bril en alles ...
Read More
In U teenwoordigheid val alles in plek!
Here, in U teenwoordigheid sien ons dinge in perspektief, en sien beter raak wat belangrik is en wat totaal onbelangrik is.
Read MoreNuusbriewe
My Blog

Die week wat die geskiedenis verander het (Die nuutste weergawe)
Hierdie is die nuutste weergawe van hierdie belangrike artikel wat ek oor daardie lewensbelangrike gebeure van daardie week, van die Sondag voor die Opstanding van Jesus, tot en met Sy Opstanding op daardie Eerste Dag van die week, wat dus die volgende Sondag in daardie week sou wees, gebeur het.
Read More
Nou het ons ook ’n Besigheids-app of toep!
Ek het mos al lankal gesê dat God se pad met my en Hetta nuut en opwindend gedraai het! Ja, al die normale dinge en maniere hoe die Here ons gebruik om jou en jou geliefdes te bedien, is nog altyd daar en dit gaan nie sommer verander nie.
Read MoreMy blogs
Kontak ons gerus hier
