Geld gaan ons nooit keer nie!

Ek en Hetta het die afgelope tyd uit soveel mense se reaksies besef hoe belangrik dit is wat ons elke dag in hierdie bediening, en in ander gedeeltes van die bediening doen.

Dit is waarom ons vir mekaar gesê het dat ons alles in ons vermoë gaan doen om tot die einde van ons lewens hier op aarde te doen wat ons moet doen. Die een ding wat ons nooit gaan verhoed om dit te doen nie, is te min geld!

Daarom het ons , soos 'n Paulus, 'n "tentmaker-bediening" van die een of ander aard bedryf, waar ons met een voet in die markplein gestaan het.

Daarom gaan jy oral op sosiale media lees jy van hoe ons tans besig is om gewone mense, soos die duisende militêre veterane, die H2A-boere en hulle gesinne, en studente te help om 'n ekstra inkomste te verdien in 'n land waar soveel diskriminerende wette mense verhoed om in die land wat hulle lief het, by hulle gesinne te wees en om hier met hulle vaardighede en harde werk, vir hulle gesinne te kan sorg.

Ons help ook tans Christenleiers wat deur kerksisteme en ander redes finansieel gestrem word om te doen waarvoor Jesus hulle geroep het.

Een van my sosiale profiele lui daarom soos volg:

Dr Christo A. Nel is ’n toegewyde Christenleier, pastorale berader, lewensafrigter en Multivlak Neuro Praktisyn met dekades se ervaring in diens van Koning Jesus.

Met ’n nuwe passie vir digitale bemarking, bou hy as entrepeneur nou aan volhoubare aanlyn inkomste-moontlikhede om sy bediening te versterk en ander te inspireer om ook finansiële vryheid en nuwe geleenthede te ontdek.

’n Nuwe hoofstuk. ’n Nuwe visie. Dieselfde Koninkryksroeping!