Kom ek deel met jou iets rondom die “Shalom” in al sy dimensies wat die Here vir ons elkeen bedoel het as Sy kinders. Ek wil jou waarsku: Dit gaan so ’n bietjie met jou kop smokkel!
Weet jy dat die Here reeds meer as drieduisend jaar gelede iets vir Sy Ou Testamentiese volk geleer wat ek en jy as moderne mense, steeds vandag nog desperaat na soek?
Kom ek verwoord dit so: Hoe om die herstelknoppie in elke area van ons lewe te druk!
Presies soos wat ons die herstelknoppie van ons rekenaar of selfoon soms moet druk om al die gemors wat opgebou het, uit te wis sodat ons van nuuts af voor kan begin!
In Levitikus 25 word dit die Jubilee-jaar genoem, en in Jesaja 61 “die genade jaar”.
Die Jubilee-jaar van Lev. 25 het elke 50-ste jaar gebeur. Dit was in elke sin van die woord ’n radikale “reboot” of herstel-aksie op God se bevel onder Sy mense!
Alle skuld is uitgewis! Jode wat slawe geword het deur wat gebeur het die afgelope 50 jaar, is bevry! Ja, selfs grond wat mense verloor het as gevolg van hulle eie toedoen en foute, is teruggegee aan die oorspronklike families en eienaars! Dit was werklik vergifnis en restourasie in hoofletters in elke sin van die woord!
Die Jubilee-jaar was soos in die bekende Monopoly-bordspel, om terug te gaan na die Begin, en van voor af te begin!
As jy self in God se Woord hieroor meer wil gaan lees, gaan lees gerus in Levitikus 25, Lev. 27, en dan ook in die profesie van Jesaja 61:1 en 2, wat Jesus dan aanhaal in Lukas 4:18 en 19, waar Jesus self sê dat Hy “Jubilee” nou vir elkeen van ons se lewens kom moontlik maak het!
Dit is verstommend om te dink dat Jesus en dit wat Hy gedoen het, vir elkeen van Sy mense “Jubilee” in elke sin van die woord kan laat gebeur in ons lewe!
Daarom is dit so belangrik om net weer hierdie “oor-begin” en herstel wat in Jesus moontlik is, vir mekaar hier in die teenwoordigheid van die Here uit te spel!
Ja, dat die “Jaar van Jubilee” ten minste die volgende vir my en jou kan beteken:
Totale vergifnis!
Vry word!
Bevry word!
Herstel in elke sin van die woord!
Restourasie!
Totale voorsiening!
Vernuwing!
Skielik is daar weer rus en vrede, en voel mense weer veilig!
In Lukas 4:15 tot 21, en ook in 2 Korintiërs 6:2, hoor ons God belowe hierdie totale herstel aan elkeen van ons wat in Jesus glo en iets verstaan wat Hy vir my en jou deur Sy mens-word, Sy dood en opstanding gedoen het!
In “Jubilee” word alles wat ons verloor en verbeur het, weer herstel.
Dit is soos ʼn tema wat dwarsdeur die Ou Testament oor en oor herhaal word op baie maniere.
Kom ek haal ʼn paar van hierdie Skrifgedeeltes in Engels vir jou hier aan:
Job 42:10 – "After Job had prayed for his friends, the Lord RESTORED his fortunes and gave him twice as much as he had before."
Joel 2:25 – "I will RESTORE to you the years the locusts have eaten…"
Psalm 126:4-6 – " RESTORE our fortunes, Lord, like streams in the Negev. Those who sow with tears will reap with songs of joy. Those who go out weeping, carrying seed to sow, will return with songs of joy, carrying sheaves with them."
Zechariah 9:12 – "Return to your fortress, you prisoners of hope; even now I announce that I will RESTORE twice as much to you."
Op grond van wat Jesus vir ons gedoen het, hoef ons verlede en alles waaroor ons so skuldig en skaam oor voel, nie langer ons lewe verder te definieer en te beheer nie!
Ons kan aanbeweeg, want ons is vir eens en vir altyd in Jesus daarvan vrygemaak! Prys Sy Naam!