'n Alles in een Toerustingpakket (DVD + Boek)

'n Alles in een Toerustingpakket (DVD + Boek)

R500.00
SKU: _n_Alles_in_een_Toerustingpakket

ʼn ALLES-IN-EEN-TOERUSTINGSPAKKET is 'n versameling van boeke en DVD's vir individue en groepe wat God se mense beter kan toerus vir bediening daar waar die Here hulle ʼn verhoog gegee het.

Behalwe dat jy hierdie pakket kan gebruik om jouself beter toe te rus, het jy ook nou ʼn stuk gereedskap om te gebruik om ander gelowiges rondom jou in ʼn Bybelstudie-groep of sel/huis-groep te begelei.

In sy eie bediening gebruik Christo hierdie selfde materiaal baie effektief sedert 1993 om Afrikaanssprekende mense te dissipel. Daarmee neem hy hulle terug na die Bybelse fondasie wat die vroeg-Christelike gemeentes gebruik het om mense na Jesus te lei, en dan hierdie nuwe volgelinge van Jesus te leer om Sy stem te leer ken en om met vrymoedigheid mekaar en ander met die gawes van die Gees te bedien.

Alles wat jy nodig het, is in hier in hierdie  Alles-in-een-Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder:

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat die Bybelse fondasie lê vir volgeling van Jesus-wees soos die vroeg-Christelike gemeente in die Nuwe Testament dit gedoen het

Die DVD-toerustingskursus van 8 sessies, JESUS DIE DOPER MET DIE GEES,  wat jou leer hoe werk die gawes van die Gees en jou leer om God se Gees te vertrou om deur jou ander daarmee te bedien

Die DVD-toerustingskursus met 9 sessies, HOE HOOR EK GOD SE STEM, wat jou leer om Jesus se stem elke dag in jou lewe te onderskei van die ander stemme wat jy hoor. Sodat jy ook kan hoor wanneer Hy jou wil gebruik om ander te bedien met die gawes van die Gees.

Die boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, wat ʼn gids is wat jou begelei om in 175 dae dwarsdeur die Nuwe Testament te lees terwyl jy die geheim van die vroeg-Christelike gemeentes te ontdek wat die merkwaardige groei daar in die begin meegebring het.

Asook 4 Handleidings om albei die boeke plus die 2 DVD-kursusse in groepe te kan gebruik.

Laat toe dat God se Gees jou as volgeling van Jesus in bediening lansee soos wat die vroeg-Christelike gemeentes dit destyds gedoen het. En word in die proses toegerus om ook ander so te dissipel.

Leer om die kernevangelie oor Jesus Christus in jou eie woorde, met getuienis uit jou eie lewe, aan ander in jou eie woorde, op jou eie manier, oor te vertel.

Sodat God se Gees ʼn Bybelse sondebesef in hulle kan bewerk, hulle tot bekering kan kom en kan kies om Jesus Christus as Verlosser en Here gelowig te volg vir die res van hulle lewe.

Leer om hulle te doop met water soos die Bybel ons leer.

Leer om Jesus as die Doper met die Gees te vertrou om jou en ander te doop met Sy Gees en Sy gawes.

Leer om ander te bedien met die gawes van die Gees, soos die Gees dit wil, en leer om ander te leer hoe om dit te doen.

Leer om Jesus se stem in jou eie lewe te onderskei tussen al die ander stemme, en leer dit ook aan ander.

Laat God se Gees toe om hierdie Alles-in-een-toerustingspakket in jou lewe te gebruik, en gebruik dit ook later as die gereedskap om ander op dieselfde manier te dissipel.