Reformeer weer 'n keer (e-boek)

R30.00
SKU: Reformeer_weer__n_keer__e-boek_

Soos Luther sy 95 stellings op 31 Oktober 1517 gaan vaskap het aan die deure van die kerk in Wittenberg, is Dr Christo Nel deur hierdie boekie en ʼn dokument wat by sowat 3300 dominees en professore van al die Afrikaanse reformatoriese kerke, soos die NG Kerk, die Geref Kerke, die Herv. Kerk, die Evangelies-Geref. Kerk en die Afrikaanse Protestantse Kerk, gaan “vaskap”.

TERUG NA DIE SKRIF EN DIE SKRIF ALLEEN

“Reformeer” het nog altyd in ons geledere in die eerste plek beteken “terug na die Skrif en die Skrif alleen”.

Nadat Christo Nel, na jare se studie en navorsing, oortuig geraak het dat die Reformatore tydens die Reformasie van 1517 en daarna nie die moed gehad het om alles in die boodskap van die Reformasie aan God se mense te sê nie.

Die feit dat die reformatore geweet het dat die Skrif net die doop aan gelowiges geleer het, is weens vrees verswyg.

Dit het daartoe gelei dat die Roomse leuen oor wie werklik deel is van die ware Kerk van Jesus net so deel geword het van die leer van die Reformasie.

In die proses is die plek en werk van die Heilige Gees geignoreer, met geweldige gevolge

Daarom daag Christo reformatoriese kerke uit met die volgende woorde:

Dit is hoog tyd dat ons weer erns maak aan die voete van Jesus om die Bybelse waarhede nuut te probeer verwoord in die lig van die volle Boodskap van die Skrif en die Nuwe Verbondsverhouding wat Christus Jesus vir ons deur Sy doop en opstanding bewerk het, met God se Gees wat in en op Sy mense is. En dan dink ek spesifiek aan Bybelse waarhede soos …

“sola fide”, geregtigheid deur geloof alleen

“sola gratia”, verlossing deur God se genade alleen

“sola scriptura”, die Bybel alleen is ons finale toets vir waarheid en vir ons geloof en geloofslewe

“solus Christus”, ons finale en totale verlossing berus geheel en al op Christus se gedane verlossings- en versoeningswerk

“Soli Deo gloria”, aan God alleen kom toe die lof en eer wat reeds voor die grondlegging van die wêreld Sy finale verlossing- en herstelplan vir ’n mensdom en Sy wêreld bedink en beplan het.

Mag God ons weer die waagmoed gee om hiermee erns te maak.