Waarheen met die Nuwe Wyn (e-boek)

R50.00
SKU: Waarheen_met_die_Nuwe_Wyn__e-boek_

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN,  is bedoel om ʼn bydrae te maak as deel van die gesprek rondom die Bybel wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.

Dwarsdeur die wêreld is die Heilige Gees besig om op ʼn nuwe wyse in en rondom die Liggaam van Christus te werk. Ook hier tussen ons in Suid-Afrika beleef ons dit tans. Die Here is besig om deur Sy Gees “nuwe wyn” in mense se lewens te maak. Hierdie wyn is bekende waarhede wat die Here vars aan ons bedien.

Na 14 jaar se bediening as predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk in twee gemeentes, en 13 jaar se bediening in die breër Liggaam van Jesus, bedien Christo Nel profeties Skrif waarhede wat in sy eie lewe as Gereformeerde vars ingesny het. En daag hy weer die Gereformeerde wêreld uit om terug te reformeer na wat die Skrif werklik sê.

Die soort vrae wat hy aan die orde stel is die volgende:

Wat sê die Bybel werklik oor die doop?

Wat sê die Bybel oor die Heilige Gees en Sy gawes, en hoe wil Hy ons gebruik om mekaar en ander om ons te bedien?

Is die salwing of doping met die Gees ʼn Bybelse waarheid?

Is daar werklik ruimte vir die volle spektrum gawes van die Heilige Gees in die erediens en in die bediening van die gemeente?

Hoe lei ʼn mens gelowiges om werklik mekaar met vrymoedigheid te bedien met die volle spektrum Geestesgawes?

Is die sel-gemeentestruktuur nie ʼn meer effektiewe struktuur vir die bediening van gelowiges en die gemeenskap nie?

Hoe hoor ek die stem van die Here in my lewe?