Die Storie agter die Storie (Boeke)

Die Storie agter die Storie (Boeke)

R120.00
SKU: Storie_agter_die_storie

DIE STORIE AGTER DIE STORIE is ʼn Bybelse dagboek waarin Christo Nel vir 175 dae saam met jou dwarsdeur die hele Nuwe Testament met al sy boeke van die een boek na die ander stap soos wat hulle histories verskyn het.

Ek het myself al baie keer afgevra oor wat die “geheim” was van die vroeg-Christelike gemeentes wat gemaak het dat hulle binne 300 jaar die hele Romeinse Ryk met al sy dorpe, stede en plattelandse dele so effektief kon deursuur en bedien?

Om die geheim van die groei in die vroeg-Christelike gemeentes te verstaan moet ons die storie agter die Storie van Handelinge en die ander Nuwe Testamentiese briewe ontdek om werklik by ʼn antwoord op die vraag uit te kom.

Ek skryf doelbewus hierdie “Storie” van die Bybelse verhaal met ʼn hoofletter omdat dit nie ʼn gewone storie dié is nie. Dit is immers die Gees-geïnspireerde verhaal, en daarom Woord van die lewende God aan Sy mense, wat ek hier waag om oor te vertel in my eie woorde.

In my bediening oor die internet aan sowat 4000 Afrikaanssprekendes wêreldwyd het ek oor ʼn tydperk van meer as 3 jaar probeer om hierdie verhaal aan die hand van die boek Handelinge se gebeure en die res van die boeke van die Nuwe Testament te vertel.

Die boeke van die Nuwe Testament is natuurlik nie oorspronklik in dieselfde volgorde geskryf as wat ons dit in die Nuwe Testament het nie. Daarom probeer ek deurgaans deur die verhaal aan elke Nuwe Testamentiese brief of evangelie indringend aandag gee soos wat elkeen gedurende die historiese verloop van die verhaal oorspronklik geskryf is.

Die storie agter die “Storie” vertel ek vir jou oor 175 dae soos wat ons tree vir tree hierdie gebeure en storie na-stap.

Geniet dit saam met my. Drink saam met my slukkie vir slukkie van die “nuwe wyn” wat God se Gees hiermee aan ons elkeen wil bedien.

ISBN – 978-0-620-47796-3