DAG 1 - WEES STIL EN WEET EK IS DIE HERE EN BY JOU!

 

Ps 46:11,12

"Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.

Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons ‘n beskutting. Sela"

Vriende, ja, ek weet dit is onverwags om op 'n Vrydag van my te hoor, maar nou ja, dit is nie 'n gewone Vrydag dié nie!

Oor die hele wêreld, is die meeste van ons beperk en gedwing om by ons eie huis/woonstel/plaas te wees.

Hier is Suid-Afrika is ons sedert 24h00 vannag, vir 21 dae, tot die 16de April, in 'n "TOTAL LOCK-DOWN!"

Alles in 'n poging om die verspreiding van die Corona-virus te beperk!

Daarom het ek beleef: Ongewone omstandighede vra ongewone optrede!

En hierdie is my manier om die beste te maak van hierdie tyd.

Ek wil vra om vir 21 dae elke dag 'n paar minute by mekaar te gaan sit en net weer 'n paar belangrike dinge te oordink wat ek glo krities-belangrik is vir hierdie seisoen waarin ons is.

Om af te skop hiermee, het ek vir jou 'n kort video gemaak wat ek op YOUTUBE gelaai het.

Dit is maar 7 minute lank.

Hier is die skakel daarheen:

Video - Dag 1 - Dr Christo Nel - Wees stil en weet...

Geniet dit.

Ek gesels met jou môre DV verder.