
Luk 5:37,38: Ook gooi niemand nuwe wyn in ou wynsakke nie; maar as hy dit doen, dan sal die nuwe wyn die wynsakke laat bars, en dit sal uitloop en die wynsakke sal bederf wees. Maar nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word.

Opdrag?
- Bedien Nuwe Wyn aan mense - Ou Bybelse waarhede onder die leiding van die Heilige Gees
- Maak ʼn pad waar daar geen pad is nie – deur die bos. Teer dit dan, want derduisende is op pad.
- Bou reddingsbote om God se mense op die dek van die skepe wat sink, te red.
- Neem hulle dan na die teerpad toe en sê: Hier is die pad, sê die Here!
- Bedien genesing na gees, siel en liggaam aan hulle in Jesus se Naam.
Wie is ons?
Dr Christo en Hetta Nel
1979-1993 – Predikant NG Kerk
Sedert 1993 – Voltyds in Koning Jesus se diens in Sy Ekklesia wêreldwyd
1000de medewerkers!
So lyk Sy Kerk/Ekklesia
- Hulle is familie wat God en mekaar lief hê
- Ambassadeurs van die Koninkryk van die Hemel hier op aarde
'n Nuwe geboorte is nodig om deel hiervan te word
= Deur ʼn ware Bybelse sondebesef
= Deur bekering en ʼn geloofskeuse vir Jesus Christus as Verlosser en Koning
= Deur die doop met water daarna
= Deur handoplegging en gebed vir die doping met die Gees

Die Ekklesia is een
Luk. 5:38,39: Niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word.
Joh. 17:21: Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Oor die wêreld is God besig om Sy mense se prentjie van die Kerk te verander. Dit het ook in 'n oud-dominee van die NG Kerk se lewe gebeur. Daarom lyk gemeentes anders deesdae.
Lees meer hieroor ...
Lees meer hieroor ...
Nuwe Wyn Nuusbrief

God se “Ja” as jy soek na Sy wil
Die vraag wat seker die meeste op almal van ons se lippe as volgelinge van Jesus is, is die vraag: Wat is God se wil in hierdie situasie? Natuurlik geld dit ook op die markplein.
Jesus is God...
Read More
Hoe bedien ons God se genade in die besigheidswêreld
Onthou jy, Meneer of Mevrou, Jongman of -vrou, suksesvol in besigheid, of in die mediese wêreld, of in die onderwys, of in die Landbou-omgewing, wat Jesus gesê het oor hoe hulle jou vandag,...
Read More
Hoe lyk en werk genade hier op aarde
Mat. 6:33 sê hierdie ding so:
“Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”
Met ander woorde, elkeen van ons wat ka...
Read MoreMy Blog

Die week wat die geskiedenis verander het
Die meeste Christengelowiges herdenk die gebeure gewoonlik van die Vrydag af. Goeie Vrydag noem hulle dit. Maar in werklikheid het dit die Woensdag reeds gebeur. Nie dat dit soveel saak maak nie, want dit is mos maar net ʼn dag waarop ons dieselfde gebeure herdenk. En dit is immers die gebeure waaroor dit alles gaan… Hierdie week bied volgelinge van Jesus die Christus oor die wêreld maar net weer die geleentheid en voorreg om saam met ander familielede en ander Christengelowiges stil te word rond...
Read More
Besef jy dat Bybelse evangelisasie is om dooies op te wek!
Voor sy bekering is die mens “dood”.
Ek is so bang dat ons nie mooi luister na wat die Bybel sê oor iemand wat nog nie tot bekering gekom het en nog nie Jesus Christus as Verlosser en Here in geloof aanvaar het nie.
Sien, ons het almal op die een of ander wyse die leuens van die humanisme en sosialisme van ons tyd aanvaar en begin glo. Ons het begin glo dat die mens inherent goed is! En ons het begin glo dat die God van die Bybel mense so lief het soos wat hulle is dat Hy hulle aanvaar soos wa...
Read More
Kan jy ‘n dooie laat lewendig word?!
Voor sy bekering is die mens “dood”
Wie gaan jy saam neem as God jou na ʼn begraafplaas stuur om ten minste een van daardie dooies te laat opstaan uit die dood?
Gaan jy iemand saam neem wat die Evangelie goed en mooi vir ander mense kan oorvertel?
Of gaan jy iemand saam neem wat ʼn goeie spreker of prediker is?
En wat gaan jy daar sê? Wat gaan jou boodskap daar wees?
Besef jy nou wat gebeur as iemand werklik tot bekering en tot wedergeboorte kom?
En waarom God deur die Gees in die Bybel vir ...
Read MoreKontak ons gerus hier