'n Nuwe Wynsak vir die Ekklesia

 

IN DIENS VAN DIE KONING

 

“MY LIGGAAM IS EEN”

Oor die wêreld heen getuig God se mense dat die Here besig is om hulle prentjie van die Kerk of Ekklesia heeltemal te verander!

Rondom ons het ons gewoond geraak aan ʼn kerk waar meer as 30 000 groepies in Suid-Afrika alleen, elkeen met hulle eie naam, geboue, en selfs eie geloofbelydenisse, aanspraak maak dat hulle “die kerk van die Here Jesus” is. Kerkgroei was dan om gelowiges uit ander “kerke” af te rokkel en deel van joune te maak.

 Julle is die volk van God (1 Pet 2:10)

 (Hierdie brief kan aan die einde van die berig ook afgelaai word as 'n PDF)

Hy voorsien vir wat Hy beveel

Soos die Here God destyds ʼn Koning Dawid opdrag gegee het om voorsiening te maak vir die fisiese tempel wat sy seun, Salomo, moes bou… En ʼn koning daar was toe Nehemia opdrag gekry het om die mure van Jerusalem te herstel…

So het die Here ons oral langs die pad wat Hy met ons stap, belowe dat Hy Sy mense, die moderne konings van ons tyd, sal gebruik om alles te voorsien vir wat Hy ons beveel om in Sy Naam te doen.

Hier is van Sy beloftes aan ons:

 Mrk. 10:29,30 – “Jesus antwoord: Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of eiendom nie, of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en eiendom, saam met baie vervolging, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe.” 

2 Kor. 9:8 – “En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.”

 

Sedert 1993 was ons opdrag om “nuwe wyn” te bedien, veral aan God se mense wat kom uit ʼn Afrikaanse tradisionele kerklike agtergrond soos ons.

Nou is Sy opdrag aan ons om Sy mense prakties toe te rus en te laat beleef hoe die “nuwe wynsakke” vir die Ekklesia daarna uitsien.

Toe Hy ons opdrag gee om weer spesifiek uit te reik na Sy mense in die NG Kerk, en spesifiek diegene wat beleef het hulle moet “uitstap” uit die NG Kerk, het ek en Hetta geweet dat al die toerustingsmateriaal wat die Here ons die afgelope 28 jaar hieroor gegee het, vir ʼn tyd soos hierdie bedoel is.

Ons voorlegging aan die “konings”

Hier is ons tussentydse begroting met die oog op die nuwe opdrag en nuwe seisoen:

  • Aflos van ons persoonlike rekeninge (lopend en kredietrekening) wat oortrokke is a.g.v. skenkings wat “te min was” die afgelope 3 maande
  • Skep van ʼn “kitty fonds” vir die bediening
  • Aflos van ons huislening
  • Gebruik van ʼn 4x4 MTV vir uitreike

BELOFTES

Indien iemand dalk, in plaas van ʼn skenking, aan ons ʼn lening vir die tussentyd wil toestaan, het ons die volgende beloftes uit verskeie oorde in die verband ontvang, waaruit ons dan so ʼn lening kan terugbetaal:

  • Kommissie op verkope die afgelope waar ek die tussenganger was
  • ʼn “Kingdom Enterprize grant” wat aan ons bediening toegeken is
  • Kommissie en wins van fondse wat ek bestuur

Natuurlik is daar ook dit wat die Here deur ons Familie van families maandeliks in ons lewe en bediening saai.

Indien daar enige ekstras hiervandaan inbetaal sal word, sal ons natuurlik ook hiervan gebruik om so ʼn lening so gou moontlik terug te betaal.

Intrinsieke waardevolle eiendom wat ons wil verkoop om van die rekeninge af te los:

  • ʼn Unieke stel van 2 olieverf-skilderye van die oorspronklike Eerste Nasie-bewoners van SA, die Khoisan, getiteld “Soek en vind”, deur die wêreldberoemde Suid-Afrikaanse kunstenaar, Daniel Novela.
  • ʼn Unieke Springbok Wyn-versameling van 21 wyne (drie 5 liter en  agtien 1.5 liter) met foto’s en handtekeninge van Springbokke en Springbok-Wêreldbeker-wenspanne

pdf n Nuwe Wynsak vir die Ekklesia - April 2021.pdf 202Kb Downloads: 724

n Nuwe Wynsak vir die Ekklesia - April 2021.pdf