Jesus se vrede wil jou van alle bekommernis en angs vry maak

   

Word jy snags wakker van bekommernis of angs? 

Kom sit dan in die teenwoordigheid van die lewende God wat ons in Jesus en in die Bybel leer ken en laat Hy jou bedien.

Soos Ps. 46:11 sê: Bedaar, raak stil, haal net ʼn slag ʼn bietjie lekker asem! Beleef dan hoe die Here en die vrede wat net Hy kan gee, daar by en in jou is!

Hoor dan hoe Hy vir jou in Sy Woord sê:

2 Kor. 12:9 – “My genade is vir jou genoeg!”

2 Kor. 9:8  – “My God is in staat om aan julle van alles in oorvloed te gee, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê, en volop kan bydra vir elke goeie werk.”

Daarom sê Hy vir jou in Fil. 4:6 e.v. – “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus!”

Daarom kan jy elke dag jouself hardop aan Psalm 23 herinner:

“Die Here is my Herder. Ek kom niks kort nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde. Na water waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel. Hy lei my in die spore van geregtigheid om Sy Naam ontwil. Al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie. U stok en U staf die vertroos my. U laat my aansit by die tafel van my teëstanders. U salf my hoof met olie. My beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg, al die dae van my lewe. En ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae!”

Skep, soos ek, vir jou ʼn vroeg-oggend-dissipline om jou te help om elke oggend vanaf ʼn goeie, gelukkige, vredevolle plek die dag te begin!

As jy nie weet hoe nie, laat ons gesels en dan help ek jou daarmee.