Luister na hierdie bekeerde Moslem-vrou se storie:
Terwyl ek 'n Moslem was, is ek geleer dat die woorde wat Jesus aan die kruis uitroep het: "My God, My God, waarom het U my verlaat!", bewys was dat Hy nie God kon wees nie. Want as Hy goddelik is, waarom kan Hy Homself dan nie red nie?
Maar toe ek eers die Skrif bestudeer het, was ek verstom, want daardie woorde wat mense teen Jesus gebruik, is eintlik een van die sterkste bewyse dat Hy God is!
Wanneer Jesus sê: "My God, My God, waarom het U My verlaat?", haal Hy eintlik net die eerste reël van Psalm 22 aan.
Destyds was die Psalms nie genommer nie. Dus het die Jode van die eerste eeu nie Psalm 22 gesê nie! Hulle het na ’n betrokke Psalm verwys deur net die eerste sin daarvan aan te haal!
Deur die eerste sin van hierdie Psalm aan te haal, het Jesus basies gesê: "Gaan lees asseblief die hele Psalm 22 om te verstaan presies wat hier gebeur!"
Dit is ook die oorweldigende akademiese konsensus hieroor onder Christelike en nie-Christelike geleerdes.
Met dit in gedagte, gaan kyk nou na wat daardie Psalm dus in werklikheid sê!
Sien https://www.bible.com/bible/59/PSA.22.ESV
Dan sien jy ...
Dit beskryf… hande en voete wat deurboor word
… bene wat uitmekaar val
… intense dors
… klere word verdeel
… lot word gewerp vir klere
… en spotters wat hul koppe skud en sê: “Hy vertrou op die Here! Laat God Hom red!”
Dit beskryf dus presies alles wat met Jesus gebeur daar aan die kruis!
Die mees verstommende ding boonop is: Die kruisiging het nog nie eens bestaan toe Dawid dit geskryf het nie! Dit verskyn eers eeue later onder die Romeine!
Wel, Jesus sê basies: Dit wat nou hier gebeur is presies ’n vervulling van wat daar in Psalm 22 profeties staan!
En in Johannes 10:18 sê Hy: “Niemand neem my lewe van My af nie; Ek lê dit uit eie beweging af!”
So, Hy het gekies om Sy lewe vir ons te gee! Daarom wou Hy nie Homself red nie!
Dit was immers die hele plan van die heel eerste boek van die Tora, van Genesis af, soos ons lees in die verhaal van Adam en Eva.
Want in Genesis 3:15 sê God vir die slang: “Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen haar saad en joune. Hy sal jou kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt!”
Let op hoe dit sê “die vrou se saad”, terwyl dit gewoonlik die “man se saad” sê wanneer daar na nageslag verwys word!
Dit is omdat dit van Jesus praat! En Jesus het geen aardse vader gehad nie! Hy is gebore uit 'n maagd, Maria!
Hy het die kop van die slang vermorsel toe Hy die skuld van al ons sondes aan die kruis betaal het en op die derde dag weer opgestaan het!
En die slang wat “sy hakskeen byt”, was Sy lyding tydens die wrede verloop van die kruisiging!
Jesus sê self: “Alles wat oor My geskrywe is in die Wet van Moses en die Profete en die Psalms, moet vervul word!” (Lukas 24:44)
Hy moes dus aan die kruis sterf, want dit was geskryf in Genesis 3, en Psalm 22, en op meer as 300 ander plekke in die Ou Testament!
Hyself het herhaaldelik Sy eie dood voorspel!
Hy het Petrus gekeer om te veg en gesê: "Legioene van engele" was beskikbaar om Hom te kom verdedig, as Hy dit so wou!
Ten slotte, Psalm 22 eindig egter nie in wanhoop nie! Dit eindig in oorwinning en wêreldwye aanbidding! En dit is alles net so vervul toe Jesus op die derde dag weer opgestaan het! En die goeie nuus oor Hom en wat Hy vir ons gedoen het, het na alle nasies oor die hele wêreld versprei!
Die hoeveelheid bewyse dat Jesus God is, is absoluut waansinnig!
Hy is lief vir jou en wil hê jy moet die waarheid oor Hom weet!