Oefen om heeltyd van God se teenwoordigheid bewus te wees

Kan ek jou herinner aan ʼn paar bekende verse in die Bybel wat ons as gelowiges daaraan herinner dat ons 24/7 bewus kan wees van die Here se teenwoordigheid in en by ons?

Hier is ʼn paar van hierdie verse:

1 Kor. 10:31 – “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.”

Gal 5:16 – “Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.”

Dan is daar Jesus se bekende beeld van ons verhouding met Hom as Hy van Homself as die Wingerdstok praat en ons die lote van die wingerdstok daar in Johannes 15 noem.

Johannes 15 – “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.”

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”

Fil. 4:4 – “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!”

Fil. 4:6-8 – “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.”

1Tess. 5: 16-24 – “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. Moenie profesieë geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is. Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou.”

Gaan mediteer ʼn bietjie oor hierdie verse en maak ʼn bietjie elke dag tyd om jouself te herinner dat die Lewende God van die Bybel in en by jou is. Laat toe dat dit jou lewe begin verander.