Iets Spesiaal vandag aan jou en jou geliefdes!

My gebed is dat dit wat ek vandag op jou tafel neersit vir jou en jou geliefdes tot groot seën sal wees!

As 'n mens die Here vertrou vir 'n oes, moet jy saad in die grond saai wat 'n oes sal lewer wat kan laat gebeur waarvoor jy die Here vertrou.

Ek en my geliefde vroutjie, Hetta, vertrou die Here tans vir 'n deurbraak en deure om op alle gebiede oop te gaan in die bediening wat die Here ons gegee het, sodat ons dit wat ons glo die Here ons beveel het om in hierdie seisoen te doen, te kan doen.

Almal van ons ken die bekende gedeelte daar in Mat. 6:30 tot 34, wat soos volg lui (en ek haal dit vandag in Engels uit The Message-vertaling aan):

“If God gives such attention to the appearance of wildflowers—most of which are never even seen—don’t you think he’ll attend to you, take pride in you, do his best for you? What I’m trying to do here is to get you to relax, to not be so preoccupied with getting, so you can respond to God’s giving. People who don’t know God and the way he works fuss over these things, but you know both God and how he works. Steep your life in God-reality, God-initiative, God-provisions. Don’t worry about missing out. You’ll find all your everyday human concerns will be met.

“Give your entire attention to what God is doing right now, and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow. God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes."

Daarom, hier is my saad in jou en jou geliefdes se lewens!

Hier is twee opnames met KRUISKYK.TV

Hier is twee lewendige opnames van onderhoude wat met my gedoen is op KRUISKYK.TV oor ons pad met die Here. Mag dit vandag vir jou en jou geliefdes tot seën wees!

En asb, as dit vir julle tot seën was, stuur dit sommer na 5 of meer mense aan wat dit ook mag nodig hê.

Die 1ste Onderhoud

Hier is die eerste van twee TV-onderhoude wat Kruiskyk-TV met my opgeneem het.

https://www.youtube.com/live/COFYd2loER8?si=GXxgvFa8cT8N3N-D

Die 2de Onderhoud

Hier is die tweede deel van die Kruiskyk TV-onderhoud met my oor die pad wat die Here met ons tot hier gestap het. https://www.youtube.com/live/mPFOkiR8iY0?si=XBInEjv39gkC4ocf