My Spreekkamer is ook nou digitaal en aanlyn beskikbaar!


Ek het mos al lankal gesê dat God se pad met my en Hetta nuut en opwindend gedraai het!

Ja, al die normale dinge en maniere hoe die Here ons gebruik om jou en jou geliefdes te bedien, is nog altyd daar en dit gaan nie sommer verander nie.

Week na week kry jy nog my nuusbriefies.

En dan is ons ook oral persoonlik en op uitnodiging daar as jy en ander ons nodig het en graag wil hê ons moet daar kom bedien.

Maar dankie, deur die wonderlike werk van my webmeester, Johan Badenhorst, van Bloemfontein, is my Pastorale en "coaching" spreekkamer ook nou aanlyn beskikbaar.

Gaan loer 'n bietjie daarna.

Hier is die skakel daarheen:

https://www.drchristoanel.co.za/

En nou kan jy en ander ook daar met my 'n afspraak maak vir 'n persoonlike sessie waar jy na my toe kom, of vir 'n sessie aanlyn.

Dankie, Johan, dit lyk fantasties!