Luk 5:37,38: Ook gooi niemand nuwe wyn in ou wynsakke nie; maar as hy dit doen, dan sal die nuwe wyn die wynsakke laat bars, en dit sal uitloop en die wynsakke sal bederf wees. Maar nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word.
Opdrag?
- Bedien Nuwe Wyn aan mense - Ou Bybelse waarhede onder die leiding van die Heilige Gees
- Maak ʼn pad waar daar geen pad is nie – deur die bos. Teer dit dan, want derduisende is op pad.
- Bou reddingsbote om God se mense op die dek van die skepe wat sink, te red.
- Neem hulle dan na die teerpad toe en sê: Hier is die pad, sê die Here!
- Bedien genesing na gees, siel en liggaam aan hulle in Jesus se Naam.
Wie is ons?
Dr Christo en Hetta Nel
1979-1993 – Predikant NG Kerk
Sedert 1993 – Voltyds in Koning Jesus se diens in Sy Ekklesia wêreldwyd
1000de medewerkers!
So lyk Sy Kerk/Ekklesia
- Hulle is familie wat God en mekaar lief hê
- Ambassadeurs van die Koninkryk van die Hemel hier op aarde
'n Nuwe geboorte is nodig om deel hiervan te word
= Deur ʼn ware Bybelse sondebesef
= Deur bekering en ʼn geloofskeuse vir Jesus Christus as Verlosser en Koning
= Deur die doop met water daarna
= Deur handoplegging en gebed vir die doping met die Gees
Die Ekklesia is een
Luk. 5:38,39: Niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word.
Joh. 17:21: Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Oor die wêreld is God besig om Sy mense se prentjie van die Kerk te verander. Dit het ook in 'n oud-dominee van die NG Kerk se lewe gebeur. Daarom lyk gemeentes anders deesdae.
Lees meer hieroor ...
Lees meer hieroor ...
Nuwe Wyn Nuusbrief
Wat is die plek van “wealth” in die Koninkryk?
Ons praat steeds oor die gelykenis van die oneerlike bestuurder in Lukas 16.
Miles Monroe het een maal gesê: “When the purpose of something is not understood, abuse is inevitable!”
Ek glo dit is die...
Read MoreWat is die rol van geld in diens van die koms van die Koninkryk?
Onthou jy nog die gelykenis van die oneerlike bestuurder wat Jesus daar in Lukas 16 van vertel het?
Kom ek haal vir jou net so ʼn paar verse daarvan aan:
“En Ek sê vir julle: Gebruik die oneerlike ma...
Read MoreHoe jy jou geld hanteer, gaan bepaal waarmee die Here jou gaan vertrou
ʼn Gelykenis wat my elke keer skud as ek dit lees, is die gelykenis oor die “oneerlike bestuurder” van Lukas 16. Gaan lees gou daardie gelykenis van vers 1 tot 15. (https://www.bible.com/bible/3499/...
Read MoreNuusbriewe
My Blog
Nou het ons ook ’n Besigheids-app of toep!
Ek het mos al lankal gesê dat God se pad met my en Hetta nuut en opwindend gedraai het! Ja, al die normale dinge en maniere hoe die Here ons gebruik om jou en jou geliefdes te bedien, is nog altyd daar en dit gaan nie sommer verander nie.
Nou het ons ook ons eie digitale besigheids-toep of app! Kliek hier en siedaar, daar is dit voor jou!
https://meishi.pro/dr-christo-nel
Jy kan dit selfs "save to homescreen" op jou slimfoon en dan is alles op jou foon.
Alles is daar waar...
Read MoreMy Spreekkamer is ook nou digitaal en aanlyn beskikbaar!
Ek het mos al lankal gesê dat God se pad met my en Hetta nuut en opwindend gedraai het!
Ja, al die normale dinge en maniere hoe die Here ons gebruik om jou en jou geliefdes te bedien, is nog altyd daar en dit gaan nie sommer verander nie.
Week na week kry jy nog my nuusbriefies.
En dan is ons ook oral persoonlik en op uitnodiging daar as jy en ander ons nodig het en graag wil hê ons moet daar kom bedien.
Maar dankie, deur die wonderlike werk van my webmeester, Johan Ba...
Read MoreJesus in ons (Deel 5)
Ons is so gewoond om die boodskap oor Jesus se koms te hoor dat ons die absolute wonder daarvan soms net totaal kan mis!
Kan jy dink dat die enigste ware God self ons kom besoek het omdat Hy nie Sy ewige plan en bedoeling wou laat gaan nie!
In ’n klein beteuderde dorpie in Israel, Nasaret, het Jesus tussen die ander kinders op die stofstrate gespeel.
Jare later het Hy by Sy aardse pa, Josef, geleer hoe om ’n houtwerk en steenwerk te doen en was hy ’n gewone loonarbeider en een van die...
Read MoreMy blogs
Kontak ons gerus hier